New Covenant Assemblies of Yahweh, Nuwe Verbond Gemeente van Yahweh - Logo Copyright © 1987-2017 NCAY - All Rights Reserved
Return to Main Page

HULPBRONNE

Algemeen

Vrywaring

Inleiding

Simfonie van Waarheid

Plan van Verlossing

Algemene inligting

In 'n neutedop

Weeshuise

CD-Rom

Kopiereg

Skenkings

Kalender

Kontak

Gemeentes

Publikasies



    5
    Lev se Warm Patattas:
    Harde Waarhede vir die Eindtyd Oorblyfsel

    Terwyl ons in die Dae is wat Ontsag Inboesem (Yammin Nora'im ) direk na die voorgaande Yom haKippurim (die Dag van Boetedoening ) en dan ook Dae van Belydenis (Teshuvah ). En deurdat daar altyd 'n aanhoudende vloei van nuwe nuuskierige ondersoekers is, wat probeer uitvind wie ons is en wat ons glo; 'n enorme webtuiste is geskep vir jou verwerking. 'n Samevatting daarvan kan altyd tot hulp wees). Elke nou en dan 'bedien ek die onderrig onverwerk wat teerplekke kneus'; sodat diegene wat die hasepad wil kies, 'n kans kry om weg te hol. Wat hier volg is alomvattend maar vinnig bymekaar gevoeg, uit die vuis, dieselfde aanbieding wanneer ek iemand op straat ontmoet wat vir 'n opsomming vra van dit wat ons glo. Geen inligting word teruggehou nie en niks is weggesteek of ingekort uit respek vir die gevoelens van mense met uiteenlopende gelowe nie. Sommige van die dinge wat ek gaan sê, gaan 'warm patattas' wees.

    Ek kan nie sê dat dit die beste manier van doen is nie, want ek glo nie daar is enigsins 'n maklike manier om emet (die waarheid) te bedien aan sondaars nie. Ek wéét ek is ook 'n sondaar. As prediker het ek 'n moeilike keuse om te maak: bedien ek die vleis in totale deursigtigheid met die risiko om beskuldig te word dat ek babas in die geloof verwurg, of bedien ek 'n gedeeltelike maal en het dan weer die risiko van kritiek of dat ek dinge geheim hou en oneerlik is.

    Ek het dit nog nooit reggekry om hierdie dilemma uit te sorteer nie; boonop het ek luidrugtige kritikusse wat my aanval ongeag die keuse wat ek maak om die boodskap af te lewer. C'est la vie, dis deel van die lewe. Die enigste manier wat ek ooit hierdie verleentheid ontlont het, was om Yahweh (die Here) te vertrou dat hy mense na hierdie evangeliebediening sal lei wanneer die tyd ryp is vir hulle. Op hierdie punt sal dit hulle keuse wees om met die emet (Waarheid) te stoei of op vlug te slaan. Dit is in emunah (geloof) wat ek aan hierdie emet (waarheid) vashou, anders sal ek magteloos wees van vrees om mense om te krap en op die ou end niks gedoen kry nie. Uit my oogpunt is dit beter om dapper te wees (en met vrymoedigheid die emet (waarheid) met ruimhartige genade getemper, oordra en sodoende nie mense vrugteloos af te sit nie) as om waarheid te bedek deur vreesagtig te wees oor wat ander daarvan sal dink en dan sommer te koppel aan menslike swakhede. Die gevolg hiervan is liefde of haat vir ons, soos ek dink dit behoort te wees. By die tyd was ons die dag afsluit, kan ek met oortuiging voorspel dat jy my sal liefhê of haat! Indien jy wonder waarom ons so 'n enorme omset van mense het wat die bediening besoek, is dít een van die redes. Ons is nie hier om lede te werf nie, maar om mede-geloofstryders aan te trek. Stryders wat gewillig is om metafories alles te verkoop wat hulle het, om die "pêrel" van onskatbare waarde te bekom (Mat.13:46). As jy bereid is om so 'n ruiling te maak, welkom!

    "Waarheid is meer vreemd as fiksie", nie omdat waarheid vreemd is nie, maar omdat dié wat in leuens glo, in fiksie leef. Die ware wêreld is so ver verwyderd van die emet (waarheid) en so volkome geabsorbeer in die veelvuldige lae van 'n matriks van leuens op nog leuens wat deur die Vyand aan ons bedien word, dat 'n ontmoeting met die ware wêreld as 'n grusame skok onthul word, self as ons gedink het dat ons 'Christen' of 'Messiaan' is. Ek het soveel regstellings beleef in dinge wat vals gelowe is gedurende my lewensreis as 'n gelowige, dat ek al gewonder het hoe ek sou reageer as ek skielik in tyd teruggestuur word na my tienerdae, en my soeke na die emet (waarheid) begin het. Dít wat vir my in daardie tyd so werklik gevoel het, is nou uitgewys as onsuiwere afval wat nie die moeite werd is om te besit nie.

    Ons konstruktueer ons lewens rondom onsuiwere afval, ons belê ons tyd en passies daarin, dan is dit natuurlik moeilik om daarvan afstand te doen omdat enige konneksie tot leuens 'n verslawende afhanklikheid skep. Dit is dieselfde prinsiep in die geval van verdowingsmiddels en alkoholverslawing. Boonop is dit 'n feit: ons leer nie alles met een slag nie, veral as ons 'n hele bouwerk van onwaarhede het om eers te ontmantel; aangesien die meeste van ons uit die wêreld kom. Ons wil iets hê om aan vas te hou en as ons nie gewillig is om letterlik 'n sprong in die arms van Yah'shua (Jesus) te doen nie, en Hom 100% te vertrou van dag #1 af nie, gaan dit 'n baie lang reis tot gevolg hê - soos ons een vals paal van vleeslike sekuriteit vir die volgende verruil, totdat daar niks oor is nie behalwe HÝ. (Yah'shua/Jesus). Dit is waarom Yahweh (die Here) krisisse toelaat en/of bewerkstellig, sodat ons ons gewilligheid versnel om die sprong van emunah (geloof) te maak, as ons gewillig is dat Hy dit doen.

    Dan is daar natuurlik die keuse van die 'Laaghartige pad' ... Hierdie is 'n groot keuse in 'n afsonderlike klas; vir diegene wat hierdie meer omsigtige pad kies, neem die lewenspad baie langer as diegene wat die vinniger, gevaarliker en ingewikkelde Hoër Pad verkies. Hierdie Hoër Pad het baie meer risiko's wat vervolgens baie pyn meebring. Die Hoër Pad lei na die Kruis - met 'n spoed. Hier is ek geheel en al eerlik en openbaar dus die volgende: Ek het met sekere dinge die Hoër Pad geneem en met ander dinge die 'Laaghartige Pad'... net soos die meeste van ons. Die gewaarwording dat tyd baie kosbaar is terwyl ek my meer senior jare betree, en die luuksheid van uitstel nie meer verdra kan word nie, doen ek my uiterste bes om die Laaghartige Padkeuse heeltemal te elimineer. Ek erken ruiterlik dat dit baie moeilik is. Ek sien egter dat Yahweh (die Here) wonderbaarlike dinge doen nadat ek hierdie 'Hoër Padkeuse' aangedurf het. So, ek is nie van plan om tou op te gooi nie.

    Dit was 'n lang inleiding, maar hier kom die beloofde "Warm Patattas". Doen daarmee soos dit jou geval. Ek gaan nie hier probeer regverdig of meer verduidelik nie, aangesien die res van die webtuiste daarvoor met benamings uitgelê is. Ek wil eenvoudig net 'soliede vleis' bedien. Ek sal daaraanvolgend, so veel moontlik 'lienks/links' bylas as waarvoor ek spaartyd het, om die ongeduldiges onder julle, soektyd te bespaar.

    Lev se Sak Warm Patattas

    Elohim (God) is 'n Familie - 'n Groot Een - en nié 'n manlik ondefinieerbare, onverstaanbare en onskriftuurlike, Grieks Platonies-ïnspireerde Drie-eenheid van gelykwaardige Persone, wie een Godheid is nie. Hierdie Elohimhoof (Godhoof) is Een, Drie, Nege, Vyftien and Miljoene. Die Allerhoogste Elohim (God) is 'n drie-eenheid wat uit Drie Goddelike en Ewigdurende Persone Voortbestaan naamlik die Vader (Yahweh) , Seun (Yah'shua/Jesus) en die Ruach haQodesh/Heilige Gees (Hemelse Mother) . Eenvoudige Waarheid: Vader + Moeder = Seun (uniek gegenereer). Daar is geen ander ware Tavnith (toonbeeld) nie. Wat behoue bly op die aarde, bly behoue in die Hemel ook. So, ja, die Ruach (Gees) is Vroulik. Groot openbaring. Daar is egter meer. Daar is Sewe Ruachim, Geeste of Moeders, wat die Elohimhoof (Godhoof) nou Nege maak. Vervolgens is daar Sewe Dogters wat die Sewe Moeders reflekteer, en die Elohimhoof (Godhoof) nou Vyftien maak. Al hierdie Genoemdes is Ewigdurend Elohim (God), wat Ontstaan het, eerder as Geskep was, op dieselfde wyse as wat Eva ontstaan het uit Adam. Almal is Echad (Een) , dit is, in perfek-ooreenstemmende harmonie. Enigiets buite hierdie Opper Echelon/Esjelon van die Elohimhoof (God) is geskep en daarom nie ewigdurend van nature nie, maar slegs deur assosiasie. Die Malakim (Engele) wat getrou gebly het, word hier ingesluit saam met die Geredde Mense. Hulle is ook elohim (met 'n klein 'e' - hulle is deel van die Familie op tweede en derde verdiepings). Vir nou, is die getroue Malakim (Engele) 'n bietjie hoër as die getroue Mense (soos ons), maar by die opstanding sal die getroue Mense hoër wees as die getroue Malakim (Engele).

    Die huwelik is ewigdurend ...vir dié in Messias (Christus) omdat Hy ewigdurend is. Die natuurlike huweliksleefstyl is Monogamie (een man met een vrou) waarin almal geroep is sonder wanprestasie behalwe as hulle 'n spesiale roeping op hul lewe het om enkellopend te bly vir die res van hul lewe. Die bonatuurlike huweliksleefstyl is meervoudig of polygyny (een man met meer as een vrou), (dieselfde verkry in die Elohimhoof) hierdie is slegs vir diegene wat Yahweh volg in alles - bonatuurlik, omdat dit nie behoorlik uitgeleef kan word in die vlees nie (Dis werklik baie moeilik) maar slegs deur die krag van die Ruach (Gees). Die meeste mense wat tot hierdie leefstyl aangetrek is, kom vir al die verkeerde redes en is nie daarvoor geroep nie. Hierdie leefstyl kom nie hier algemeen voor tot die Millennium aanbreek nie en daarom word polygyny sterk ontmoedig deurdat die Liggaam van Christus nie gereed daarvoor sal wees totdat hul gesuiwer is van hul vleeslikheid nie. Die Hemelse en Menslike families is Patriargaal, dit is, die Vader is die hoof, 'n vrou is slegs onderworpe aan haar vader (terwyl sy ongetroud is) en aan haar man (wanneer sy getroud is) en nie vir alle mans nie. Feminisme en gesamentlike hoofskap sal geestelik die man kastreer, en die vrou van haar vroulikheid ontneem en ruïneer boonop die Christelike huwelik . 'n Man besit sy vrou op presies dieselfde manier wat ons Messias die vrou se man besit en dit is die fondasie en sekuriteit vir albei. Dit is waarom sy haar man 'heer', 'meester' of 'meneer' noem, net soos Sara dit gedoen het.

    Ons het almal (éénmaal) voorheen bestaan voordat ons na hierdie 'érets (aarde ) gekom het, daar bestaan gladnie so iets soos reïnkarnasie nie. Ná hierdie hayim (lewe), kom die finale Yom haKippurim /(Die Versoendag) Oordeel. Die enigste manier wat ons kan terugkom, is as fisiese verrese wesens. Die Millennium (duisendjarige vrederyk) is op 'érets (aarde), nie in die geestelike wêreld nie; omdat die hemel uiteindelik na die aarde kom en hulle word dan echad (een). Die geestelike wêreld is slegs 'n bewaringsplek vir ontliggaamde geeste totdat die fisiese opstandingskosmos plaasvind, net soos menslike geeste ten volle integreer word in hul opstandingsliggame. Die skeiding wat huidiglik bestaan, is slegs daar om siele toe te laat om hulle eie redding deur emunah (geloof) uit te werk. Gevolglik is die geesteswêreld grootliks onsigbaar vir nou.

    Reddende Verlossing is soos Evangeliese Christene dit bybring - deur emunah (geloof) in Messias (Christus) alleen en nie deur werke nie, sodat geen mens in homself kan roem nie. Daar is geen priesterlike bemiddellaars daarvoor nie - dit is slegs tussen die individu en die Messias (Christus). Kerke en priesters kan jou nie red nie. Die Besorah (Evangelie-) leefstyl is soos die Messiane dit onderrig - ooreenstemmend met die Torah Mitzvot (wette en gebooie). Ons spontane, natuurlike en verblydende gehoorsaamheid aan die mitzvot (gebooie) is die bewys van hoe <> veel ons gered is vir verlossing, skriftuurlik gesproke, gister, vandag en die toekoms. Die finale uitkoms word bepaal deur die wyse wat ons gaan eindig, nie hoe ons begin het nie; selfs omdat ons eerste reaksie op reddende verlossing die belangrikste een is - vertroue in ons Messias (Christus) en gedurig getrou bly. Hierdie lewenslange proses is versteek in en verduidelik deur die Feeste van Yahweh , dis waarvoor die Feeste uiteindelik ontwerp is. Daar bestaan nie so 'n ding soos: ' Eenkeer Gered/Verlos, Altyd Gered/Verlos' nie - die genoemde is die lui man se mite.

    Daar bestaan nie so iets dat 'Kerk' 'n Romeinse uitvindsel is nie. Die Liggaam van die Messias (Christus) is Israel en is 'n samestelling van al diegene wat vertroue het en gehoorsaam is. Dit is nie gebaseer op enige ras of geslagsverwantskap nie. Die Liggaam van Messias (Christus) verwerp mensgemaakte Romeinse heidense tradisies soos (Kersfees , Paasfees , Nuwejaarsdag , ens.) en Joodse Talmoediese tradisies (Hanukkah , Purim , Rosh Hashanah lev20110929, ens.), maar volg die Skeppingskalender wat die sabbatte aandui (nie Sondag of Saterdag nie), nuwe mane , jaarlikse feeste en ander waarneem , soos die Kosjer dieetkode wette. Dié bediening is vir mans en vrouens , met ander woorde daar is priesters en priesteresse. Die mans en vrouens het egter verskillende priesterlike ampte , bedienings en rolle wat terugverwys in dieselfde wyse waarop Vader Yahweh en Moeder Ruach (Gees) opereer. Ons is geskep na Hul beeld. In Yahweh's se Weg is die geslagte aksentueer, nie verminder soos die wêreld dit doen nie. Beide is gelyk en verheerlik vir die feit 'Wíé' hulle reflekteer. Daar is geen vrouehater in die Koninkryk van Yahweh-Elohim (die Here ons God) nie.

    Die Modernetyd Republiek van Israel is nié Bybelse Israel wat gerestoreer is nie. Die Modernetyd Republiek van Israel is 'n namaaksel (counterfeit) wat gevestig en regeer word deur die afstammelinge van Esau onder Illuminati kontrole. Dit is een van die menige gevalle koninkryke van die wêreld. Zionisme/Sionisme is 'n valse kommunistiese sisteem geïnspireer deur Mologaanbidding . Die Jode is nie Yahweh se verkose volk nie en die meeste van hulle (ongeveer 95%) is nie eens radikaal gekonnekteer aan Juda, Jakob of Abraham nie. Daar is geen 'leermeesters-troetelkinders' nie, en dit sluit die 'Britse Israeliete, Afro Amerikaanse 'Swart Hebreërs' , of enige ander supremasiste (Bv. die Pous) Yahweh (die Here) se uitverkore volk is diegene wat, eerstens, vir Yah'shua die Messias (Jesus Christus) as hul Meester en Reddende Verlosser aanvaar, en tweedens, Sy mitzvot (gebooie) gehoorsaam in die Torah (Wet). Daar is geen verskil tussen radikale Judahiete/Israeliete en Griekse (heidene) nie; wanneer iemand in die Messias is, word alle radikale verskille herroep. Die Heilige Land is opsygesit...Vaste eiendom van Yahweh (die Here) en gereserveer vir slegs Yah'shua/Jesus-vertrouende en Torah/Wetsgehoorsame talmidim (dissipels) - dit sal nie okkupeer word deur Ware Messiaanse Israel totdat net voor Yah'shua (Jesus) terugkeer nie. Dit behoort nié aan Palestina Muslim Arabiere of Israeli Jode nie. Die onstuimige gebeure in die Middel Ooste is 'n ordening om gelowiges se aandag weg te lei van die ware Israel EindtydOorblyfsel wat verstrooi is dwardeur die nasies. Die Ware Messiaanse Israel (EindtydOorblyfsel) sal nie sigbaar word totdat die Twaalf Stamme afsonderlik sigbaar as aparte stamidentiteite vergader is in spesiale bymekaarkomplekke nie . Die Tweede Exodes sal so dramaties wees dat dit die eerste een bleek en onbenullig sal laat vertoon. Dit het nog nie in erns begin nie en sal ook nie vir nog 'n generasie nie.

    Charismatiese tonggebabbel is vals - ware spreek in tale is 'n gawe en is bonatuurlik slegs in herkenbare buitelandse tale. Gelowiges kan, en is gedomginiseer as hulle glo in enige leuen of onbehoorlike/onkosjere leefstyl. Bevryding is beswaarlik 'excorcism'/duiwelbanning, maar is die proses van omwisseling na die emet (waarheid) wat slegs gebeur wanneer Yah'shua (Jesus) alleen die gronde verwyder vir demoniese oorheersing. Volle bevryding is gewoonlik 'n lewenslange proses. Ons beveel aan dat jy heiligheid nastreef en Yahweh (die Here) toelaat om jou geestelik te herontwerp lev20110919!

    Daar is verskillende heropstandings. Die eerste is vir diegene wat die Messias ten volle vertrou en die Torah (wet) gehoorsaam (en wat die nege karaktertoetse slaag ). DIe tweede is vir diegene wat die Messias vertrou maar nie ten volle gehoorsaam nie en ook vir diegene wat nie gered/verlos is nie. Die eerste het die gedaante van glorie byna soos die skitterende glans van die son, die tweede 'n gedaante van glorie met die glans van die maan (vir ongehoorsame gelowiges) die glorie met die glans van die verre planete (vir diegene wat geweier het om te glo en te gehoorsaam). Daar is dus twee kategorieë vir die tweede opstanding, genoem 'eerste' en 'tweede' vir kronologiese redes omdat die eerste plaasvind aan die begin van die millenium en die tweede by die einde daarvan. As byvoeging, die wat reeds reddende verlossing deur geloof het, word apart beloon volgens hul werke, hul is egter nié deur werke gered nie. Verlossing word slegs deur geloof alleen verkry en die enigste basis waardeur ons regverdig verklaar word. Hel is beide 'n innerlike status van die lewende en ook 'n ware plek of gevangesetting van foltering vir die dode wat Reddende Verlossing geweier het. Is dit ewigdurend of sleg 'n eon lank? Onbelangrik, dit is nie 'n plek waarheen jy wil gaan nie - so bely!

    Ahavah of Agapé (liefde) is die belangrikste ding en ons demonstreer ons ahavah (liefde) deur ons gehoorsaamheid aan Yahweh (die Here) se Torah (wette). Ahavah (liefde) sonder gehoorsaamheid is nie ware ahavah (liefde) nie. As ons een van die gebooie verbreek, dan verbreek ons hulle almal. Daarom is teshuvah (belydenis - verandering van rigting) 'n daaglikse aktiwiteit. Dis waarom ons beveel word om die suurdeeg van sonde uit ons lewens te kry soos voorgeskryf deur die Fees van Chag haMatzah (Fees van Ongesuurde Brood).

    Die finale waarheid: daar is geen wegkomkans vir ateïste nie, of die bose Feëverhaal Religie bekend as Evolusie nie. Daar is ook geen ruimtewesens in die ruimte wat duisende jare terug 'evolusie' verbeter het nie, self al is daar UFO's (vreemde vlieënde voorwerpe) en werklike gevare. Inderdaad is daar geen fenomeen wat die Besorah (Evangelie) nie kan verduidelik wanneer die fundamentele waarhede in plek is nie. Ons is oppad na 'n EenWêreldDiktatorskap, die Antichris (of AntiMessias) is 'n ware karakter. Daar sal 'n sewe jaar Verdrukking wees, daar is géén wegraping voor die verdrukking vir lui, wettelose Evangeliane nie. Alle gelowiges van die laaste generasie gaan deur hierdie Groot Verdrukking gaan. Die 'Gesondheids en OorvloedigVermoënde Evangelie' is 'n leuen, soos die 'Nou Koninkryk Teologie', Preterisme , liberalisme en eksistensialisme , en elke kortpad na verlossing inventeer deur die vrugtelose verbeeldingsvermoë van die mens. Die King James Version/vertaling van die Bybel kan jou nie red nie - 'NUUSFLITS': Yahweh (die Here) se Davar (Woord) het voor 1611 bestaan! En, nee, Islam is nie die Eindtyd Antichris Religie nie. (Dit is 'n anti-christ religie/godsdiens) maar die onheilige drie-eenheid van die Katolisisme (vals Efraim-ontstaan in Rome), Judaisme (vals Juda-ontstaan in Hasmonean Judea) en Marksisme (vals Ruben - ontstaan in Frankryk) - tussen hulle almal is Islam, Zionisme Europisme en menige meer produseer.

    As jy nie ten minste een 'Goue Kalf' tot woede provokeer het nie, sal ek baie verras wees. Daar is egter vele meer, maar laat hierdie Sak Warm Patattas voldoende wees. Daar het jy dit, jy het vele 'goeie' redes om te 'vlug' na verskeie vals gemaksones (Comfort Zones) toe! Mag jy 'n geseënde Teshuvah (Belydenis) beleef!

    Vervolg in Deel 2

    Verdere leesstof

  • Konstitusie van die Nuwe Verbond Gemeente van Yahweh

    Vertaal deur Annemarie Nolte

    Hierdie bladsy is geskep op 14/02/2017
    Laaste opgedateer op 18/02/2017


    Copyright © 1987-2017
    Nuwe Verbond Gemeente van Yahweh
    Alle regte voorbehou