New Covenant Assemblies of Yahweh, Nuwe Verbond Gemeente van Yahweh - Logo Copyright © 1987-2017 NCAY - All Rights Reserved
Return to Main Page

HULPBRONNE

Algemeen

Vrywaring

Inleiding

Simfonie van Waarheid

Plan van Verlossing

Algemene inligting

In 'n neutedop

Weeshuise

CD-Rom

Kopiereg

Skenkings

Kalender

Kontak

Gemeentes

Publikasies



    4
    Dit Wat Ons Is
    En Dit Wat Ons Glo
    (In 'n Neutedop Saamgevat)

    Indien u meer volledige verduidelikings wil sien, gaan na ons Onderwerp Gids
    Kliek hier om na die Nuwe Verbond Boom te gaan

  • Alkohol: As 'n Koninklike Priesterskap van Gelowiges in Tempels van vlees, behoort gelowiges geheelonthouers te wees.
  • Apostolies: Al die Nuwe Testament ampsdraers en die apostels word benodig en is teenwoordig.
  • Bybelvertalings: Verskeie vertalings word gebruik, maar die NRSV, ESV, NKJV & HRV word verkieslik aanbeveel.
  • Demone: Ware entiteite (net soos Satan) wat selfs gelowiges teister ten tye van ongehoorsaamheid.
  • Deïteit / Godheid van die Messias: Yah'shua (Jesus) was nog altyd Elohim (God), maar ondergeskik aan El (Yahweh)(die Here).
  • Die Liggaam van Christus: Alle ware gelowiges sonder verwysing na denominale verdelings.
  • Doopsbediening: Na Belydenis van geloof en bewys van wedergeboorte, volg gehoorsaamheid om gedoop te word deur onderdompeling.
  • Eenmaal Gered, Altyd Gered?: 'n Leerstelling wat as vals verwerp word - gelowiges kan terugval en sommiges val wel terug.
  • Eersgeborene of Eersgeborenes: 'n Titel vir die Messias en 'n term vir lede wat gemeenskaplik woon onder die verbond.
  • Ekumeniseer (Samewerking van al die Christelike Kerke): Dit klink goed wanneer daaroor gepraat word, die resultate is egter afgewater wanneer dit by die Evangelie kom.
  • Engele: Yahweh se boodskappers (malakim), beide geestelik en wesenlik.
  • Evangeliane: Ons voer 'n Hoër Instruksie uit om die Evangelie van Yah'shua (Jesus) as #1 prioriteit te verkondig.
  • Gawes van die Ruach (Gees): Alles; Profesieë, drome, visioene, openbarings en duiwels/demone uitdryf.
  • Geestelike Gids: Demonies van aard, met 'n maskerade as 'n welwillendheidskrag of -mag.
  • Goddelike Name: Die Hebreeuse Yahweh (verpligtend) en Yah'shua (verkieslik).
  • Godsdiens/Religie: Die mens se doodloopstraat om met Yahweh (die Here) te rekonsilieer. Dit werk nie.
  • Hebreeuse oorsprong: Die superioriteit van die Hebreeuse/Aramese Nuwe Testament MSS (Manuskrip MS/ Manuskripte MSS) oor Grieks.
  • Heiligheid: Reinheid en gehoorsaamheid aan die gebooie is verpligtend
  • Heilige (Saint): 'n Weergebore gelowige toevertrou deur verbonde en gehoorsaamheid tot heiligheid.
  • Heiligmaking: Geleidelik, nie oombliklik nie, vereis 7 oorkomings, 'n lewenslange proses.
  • Hel: 'n Letterlike plek en ook 'n innerlike toestand - dis nie 'n plek waarheen jy wil gaan nie.
  • Hemel: 'n Letterlike plek en innerlike toestand - ten minste drie of meer hemele.
  • In Tale Praat: Bonatuurlike gawe om in vreemde tale te praat - nie 'n gebabbel nie - 'n Gawe slegs vir sommige.
  • Israel: Alle ware gelowiges, nié die moderne Republiek van Israel nie.
  • Kommunitarisme: Samekoms in 'n gemeenskap van meer geestelike volwasse families en lede/lidmate.
  • Kosjer kos: Yahweh se bybelse dieetwette is almal verpligtend, voorgeskryf vir goeie gesondheid.
  • Liefde: Die eerste vrug van ware Geloof. Dit is egter altyd bepaal deur Waarheid.
  • Messiaanse-Israeliet: Die restorasie en vereniging van die 12 Stamme (nie Messiaanse Judaisme nie).
  • Nuwe Geboorte: Doping deur vuur onderskei nominaal van weergebore gelowiges.
  • Opstanding: Letterlik en figuurlik. Daar is ten minste 4 tipes. Dit gebeur slegs een keer.
  • Ortodokse Geloofsbelydenis: Slegs die Apostels se Belydenis is aanvaarbaar, die res word beskou as spekulatief.
  • Outoriteit: Nie wetties georiënteerd nie, maar alleenlik gebaseer op die teenwoordigheid en krag van die Ruach (Gees).
  • Panteisme: Een van Satan se leuens - ons is nie God of deel van Hom nie, maar afgesonder.
  • Patriargaal: Die man is hoof van die huis en mans lei gemeentes.
  • Priesterskap van alle Gelowiges: Elkeen is geroep tot Priesterskap (Diakens of Ouderlinge).
  • Reddende Verlossing: Slegs deur geloof, maar vrug is bewys van Torah (Wets-) gehoorsaamheid.
  • Reïnkarnasie: Een van Satan se leuens - ons is slegs een keer inkarneer/beliggaam.
  • Rook: 'n Verontreiniging en kankerverwekkende verdowingsmiddel, teenstrydig met Christelike optrede.
  • Ruach haQodesh (Heilige Gees): Vroulik, ons Hemelse Moeder (7-voudig).
  • Sabbatiste: Die lunar-solar 7de dag is Yahweh (die Here) se korrekte dag van rus (nie Saterdag of Sondag nie).
  • Saulus (Sha'ul)/(Paulus): Aanvaar as 'n ware apostel - the Ebionietiese dwaalleer verwerp.
  • Satan: Gevalle aartsengel, die teëstaander, sy regte naam Heylel ('Lucifer'), leuenaar en verleier.
  • Seks of geslagsomgang: Streng weerhouding voor die huwelik en toepaslik binne die huweliksverbond.
  • Skrifte: Onfeilbaar in die oorspronklike Hebreeus en Aramese outografie (maar nie in Grieks nie.)
  • Sola Scriptura: Slegs die Protestantse Bybel is ons rigsnoer en primêre kanonieke teks.
  • Stede as Toevlugsoorde: Byeenkoms van gelowiges vir skuiling gedurende tye van vervolging.
  • Tempel: Voorheen 'n plek vir offers. Vandag is ons fisiese liggame die tempel wat rein gehou moet word.
  • Torah/Wet: Die Wet is nié afgeskaf of herroep nie, maar volledig vervul in Christus - ons is verbind deur die Nuwe Verbond Torah (Wet).
  • Verbonde: Is essensieel vir geestelike groei en word geadministreer op verskillende vlakke.
  • Voorafbestaan: Ons almal het bestaan soos die engele voordat ons gebore is op aarde.
  • Vrouens: Vrouens is geestelike dienaars soos die mans. Vrouens het egter verskillende gespesialiseerde rolle.
  • Waarheid: Waarheid, kan nie kompromitteer word nie omdat Waarheid Realiteit definieer. Yahweh (die Here) is die Finale Realiteit.
  • Wegraping: Geen geheime wegraping voor die Verdrukking nie - almal gaan deur die Verdrukking.
  • Wêrelds: Kompromieë met die wêreld is 'n uitnodiging tot selfvernietiging.
  • Yah'shua (Jesus): HÝ, is die enigste weg terug na Yahweh (die Here) ons Hemelse Vader.
  • Yahweh (die Here) se Feeste: Al sewe - geen feeste wat hul oorsprong by heidene het nie. (byvoorbeeld: Kersfees (heidense oorsprong) en Halloween).
  • Zionisme/Sionisme: Die Israelse Republiek is nie die Bybelse Israel nie - ons ondersteun nié Zionisme/Sionisme nie.

    Vertaal deur Annemarie Nolte

    Hierdie bladsy is geskep op 11/02/2017
    Laaste opgedateer op 11/02/2017


    Copyright © 1987-2017 Alle Regte Voorbehou
    Nuwe Verbond Gemeente van Yahweh
    Alle regte voorbehou