6
Die Messiaanse Evangeliane
Soos alle Evangeliane, glo NVGY (NCAY) kategories in en bevestig hiermee dat 'Elohim (God) die Seun' 'n menslike liggaam aangeneem het, en die Mens Yah'shua (Jesus) geword het hoewel hy Elohim (God) gebly het, terwyl Hy in beide die hemel en die aarde bestaan het, sodat Hy die vervalle mensdom kon terugkoop. Sedertdien bestaan Hy as beide Mens en Elohim (God) in een persoon. Die bedoeling waarom Hy mens geword het, was intensioneel om as substituut te wees vir Sy mense en slegs 'n menslike wese sou geskik wees as substituut. Die substituut waarvan ons praat is:
As sondaar, verdien ons die doodsvonnis: dood, nie slegs vir die vlees nie, maar vir ons hele wese. Dit beteken dat ons nie slegs sterflinge is oor Adam se sondeval nie, maar ons eie geeste is ook afgesny van Elohim (God) deur sonde, dit is die geestelike dood. Die geestelike dood behoort aan 'n kondisie wat bekend staan as "hel", wat beide 'n innerlike status is waarin alle lewe wat verwyder word van Elohim (God); sowel as 'n letterlike plek waar diegene wat Elohim (God) se Reddende Verlossing geweier het, heen gaan na die dood. Ons glo dat hierdie hel, 'n eon- of eeue-oud is, eerder as 'ewigdurend'; wat ons in 'n minderheid evangeliaanse posisie plaas wat bekend staan as universalisme.
Yah'shua (Jesus) het die sonde van Sy mense op Homself geneem toe Hy aan die kruis gesterf het. Die toorn van Elohim (God) was op Hom geloods en die skuld vir Sy mense se straf, was ten volle vereffen, waardeur Hy hulle bevry het om 'n verhouding met Elohim (God) deur Yah'shua (Jesus) te hê, as die enigste Bemiddelaar. Omdat Yah'shua (Jesus) self Elohim (God) is, was Hy bevoeg toe Hy gely en gesterf het, dit oorkom en opgestaan het uit die dood terug in die lewe. Hy is nou in die Hemel, vanwaar Hy vir Sy mense pleit en mense veroordeel as gelowig of ongelowig. Hy stuur die Ruach haQodesh (Heilige Gees) as ons Trooster en Instrukteur, om emunah (geloof) aan ons te gee, ons bewus te maak van sonde en daarom reddende verlossing benodig.
As Evangeliane, glo ons in die konsep van genade. Genade is nie soos sommige kultiese groepe hul lede onderrig dat Elohim (God) mense help, soos hulle werk, om verlossing te verdien nie. Vir ons, is genade 'n totale vry gawe, wat Elohim (God) skenk aan diegene wat niks goed verdien nie. Ons glo dat reddende verlossing 'n vry gawe van Elohim (God) is, selfs al word ons in die volgende lewe beloon op grond van ons werke. Wanneer ons die vry gawe ontvang het, het ons emunah(geloof) in wat die Messias (Christus) gedoen het, sodat ons gered kan word, eerder as wat onsself iets gedoen het om dit te verdien.
Wat is die verskil tussen iemand wat hemel toe gaan wanneer hulle sterf en iemand wat nie hemel toe gaan nie? 'n Gered-verlosde persoon het emunah (geloof) in die volwaardige en finale werk van Yah'shua die Messias (Jesus Christus), om hom of haar te verlos. Hierdie emunah (geloof) is 'n gawe van Elohim (God) en ons doen niks om dit te verdien, of om dit te voorskyn te roep vir onsself nie. 'n Ongeredde/onverlosde persoon vertrou in hul eie goeie werke om aanneemlik te wees vir Elohim (God).
Behalwe om te vertrou in die Messias (Christus) - wat anders is ons veronderstel om te "doen"? Wat verwag Yahweh (die Here), ons Hemelse Vader, van ons? Evangeliane verskil aansienlik met verwysing na die vraag. Ons glo dat slegs Yahweh-Elohim (die Here ons God) die vereistes stel vir gehoorsaamheid. Die vereistes is saamgevat in die Tien Gebooie en word uiteengesit regdeur die Skrif in die res van die gebooie wat bekend staan as die mitzvot; Alhoewel, geeneen, behalwe Yah'shua (Jesus), ooit suksesvol die regulasies van die gebooie onderhou het nie. Weereens, moet ons hier teruggaan na genade om die vergifnis te ontvang wat ons in die Evangelie ontvang; dit is, ons moet vertrou dat dit wat die Messias (Christus) gedoen en gely het, genoegsaam was as vergoeding vir dit wat ons verskuldig is, ten opsigte van ons sonde.
Evangeliane glo dat 'n begeerte en bekwaamheid om te groei in Christelike optrede die produk is van ware emunah (geloof). Dit is; uit ahavah (liefde) vir die Verlosser, dat ons begeer om soos Hy te wees, vir Hom ahavah(lief) te wees en Hom te gehoorsaam in alles, net soos Hy dit gedoen het. Soos Yah'shua (Jesus) die Torah (wette) gehandhaaf het as 'n standaard van gehoorsaamheid vir diegene wat deur genade gered is en het dit uitgelê as die leefstyl vir die vrygekooptes; het Hy ook die eerste gelowiges geroep om dieselfde te doen. Ons die Messiaanse Evangeliane glo ook dat ons geroep is om dieselfde te doen. Ons moet mekaar help in gehoorsaamheid deur aanmoediging, onderrig en wanneer dit nodig geag word - vermaning. Die Messiaanse Gemeenskap (Kerk) het 'n proses of dissipline wat aangewend kan word wanneer iemand in ergere sonde verval het. Gewoonlik word hierdie dissipline nie vir nietighede in goedgefunksioneerde Gemeentes (kerke), aangewend nie. Daar is geen regulasies oor wat geëet behoort te word, kleredrag, of ander sake wat reeds in die Bybel voorkom nie (bv. Yahweh (die Here) se Kashrut (gesondheids-) wette).
Wat is die vereisdes om by 'n NVGY (NCAY) gemeente aan te sluit? Jy moet bevoeg wees om die ware Besorah (Evangelie) te verstaan en in emunah(geloof) te openbaar dat dit die werk van die Messias (Christus)was om jou te verlos. Soos die meeste Evangeliese Kerke, verwag ons dat ons lede gedoop moet word, nie om gered/verlos te word nie, maar as 'n aksie van gehoorsaamheid en as 'n verbondsteken; soos die besnydenis in die Ou Verbond.
Ons kom elke sewende dag
bymekaar volgens die skeppingskalender
; nie soos ander evangeliese gemeentes en messiane nie - byna alle evangeliese kerke kom op Sondae bymekaar. Sommige kom bymekaar soos die Sewendedag Baptiste. NVGY (NCAY) kom nie op Saterdag of Sondag bymekaar nie. Met verwysing na ons weeklikse vergaderings, varieer dit soos ander evangeliese kerke. Buiten die vererings- en eredienste het NVGY (NCAY) Sabbatskole
wat soortgelyk is aan die Evangeliese Sondagskole.
As Messiane glo ons dat die vrug van verlossing, deur genade en gehoorsaamheid aan al die gebooie van ons Hemelse Vader is, wat nie sedeer of vervul is deur Yah'shua die Messias (Jesus Christus) nie. Dit beteken dat ons gehoorsaam is aan die Nuwe Verbondswette
en verwerp alle heidense tradisies
.
Daarom staan ons bekend as Messiaanse Evangeliane.
Verdere Leesstof
[1] Circumcision and the Lord's Supper
[2] Lev se Warm Patattas: Harde Waarhede vir die Eindtyd Oorblyfsel
[3] How Do I Join ME? Advice for Seekers after Truth
[3] Our Beliefs Summarised for the Layman
[4] Vision of the Blue Altar: The Three Tasks of Messianic Israel
"As daar geen openbaring is nie, word die volk bandeloos; maar hy wat die torah (wet) onderhou, gelukkig is hy. (Spreuke 29:18)
[Where there is no vision, the people perish: but he that keepeth the law (Torah), happy is he". (Prov.29:18, KJV)]
Inleiding - Die Vyf Kommissies
Regdeur al die jare van ons missie, het hierdie bediening altyd geweet wat ons behoort te doen ten alle tye. Hierdie kennis het altyd gekom deur profetiese visies en openbarings van Yahweh. Die visies en openbarings was sistematies aangeteken en gepubliseer oor die laaste drie dekades. U sal die meeste daarvan op hierdie webtuiste vind. Hierby ingesluit is die vyf kommissies wat in 1990 geopenbaar is. Dit is 'n breë oorsig van dit wat ons aangesê is om te doen:
1. Om dissipels van alle mense te maak vir Yah'shua die Messias (Jesus Christus);
2. Om die uitverkorenes te vergader in kerke en gemeentes;
3. Om die sleutels van waarheid orals te plant;
4. Om 'n profetiese waarskuwingsboodskap teen sonde te verhoog; en
5. Om die 10 stamme van Israel in die Eindtydgemeentes te vergader.
Die mees onlangse openbaring is 'n profetiese visie wat ontvang is in 2007 en word hieronder aangeteken. Ons het ons vyf kommissies uitgevoer op verskillende wyses en verskillende beklemtonings gemaak oor die jare wat Kommissie #1 (onderrig eenvoudige reddende/verlossing in Yah'shua die Messias (Jesus Christus), #3 (byvoorbeeld, bestryding van die religie/godsdiens van evolusie en ateïsme, en die ontmaskering van die okkulte) and #4( gaan lees, as voorbeelde, baie van ons preke) wat aanhoudend uitgevoer word. Die eerste paar jaar het ons meestal gemeentes geplant en gebou (Kommissie #2 - meestal in Scandinavia en Indië, alhoewel op ander plekke ook) en mettertyd het ons meer gefokus op onderrigbediening (veral deur die Internet). Ons verwag om terug te keer na gemeenteplanting soos ons die laaste fase van ons missie binnegaan en weereens in die nabye toekoms 'n profetiese antisiperingsherlewing in Scandinavia. Kommissie #5 vind nie plaas totdat net voor die Groot Verdrukking nie, al is dit reeds in voorbereiding - sien Die Finale Bymekaarkoms. Ons werk het baie vyandigheid provokeer, net soos ons geweet het dit sou.
Die Prosesse aan die Werk
Vanaf ons beginpunt in 1984 toe ons 'n openbaring ontvang het om dié werk te begin, tot by die organisasie daarvan in 1987, het ons deurentyd verstaan dat Yahweh ons lei om deur twee hoof geestelike prossesse te werk:
1. Hervorming; en
2. Restorasie.
Hervorming is die konstante daaglike verandering en heiligmaking van die siel, gemeentes (Kerke), bedienings en van die messiaanse gemeenskap (liggaam van Christus) as 'n geheel in kleiner of groter toename deur persoonlike en kollektiewe belydenis en genade. Restorasie is die terugbring van dit wat verlore gegaan het deur sonde en ongehoorsaamheid. Hierdie restorasie sluit beide die restorasie of gebroke verhoudings tussen Elohim (God) en die mens in, en tussen mense en ander mense (deur die Gees van Elia), sowel as die restorasie van verlore leerstellings, waarhede en gebruike wat prominente gestaltes in hierdie bediening het. Met verwysing na die laasgenoemde, is hierdie bediening in 'n konstante proses van restorasie. Die meeste daarvan met verdrag, maar sommige met groot kwantumspronge soos in 1999 toe ons belydenis gedoen het van wetteloosheid in baie areas en toe begin het om die ware sabbat, feeste van Yahweh en die kashrut- (dieet-) wette ensovoorts te handhaaf.
Verskillende Fases van die Bediening
Hierdie bediening het drie noodsaaklike fases deurgaan en het nou die vierde en laaste fase binnegegaan:
1. Vals godsdiens/religie agtergelaat (Exodusfase) (1987-1992);
2. Evangeliane in wording (7 jaar Reformasiefase) (1992-1999)
3. Messiane in wording (7 Jaar Restorasiefase) (1999-2006); en
4. Nuwe Verbond Christene in wording (Voltooïngsfase) (sedert 2006).
Vir 'n volledige verduideliking van die fases, lees asseblief die ingebruiknemingsartikel van hierdie webtuiste.
In 'n sekere mate, het die fases mekaar oordek op plekke, hoewel daar definitiewe 'breke' was oor die jare - twee groot breke was in 1992 met vals Restorasie en in 1999 met sommige praktiese teenstrydige aspekte (wetteloosheid). Hierdie was deel van ons aanhoudende belydenis aangesien ons die volheid van die Koninkryk van Yahweh-Elohim soek.
DIE VISIE (2007)
In 2007 het Yahweh vir ons in 'n baie duidelike profetiese visie gewys van waar ons was en en waarnatoe ons oppad is:
Ek het 'n pad gesien wat deur 'n vallei loop in die rigting van berge verderaan. Die pad het oor die berge gegaan na 'n finale onsienlike bestemming. Dit was 'n baie nou pad, meer soos 'n pad op 'n landelike gebied. Voor my was 'n klein dorpie met slegs twee huise. Anderkant was daar 'n effense afdraende wat in 'n vallei geloop het en verder aan die berge. Die twee huise, reg oormekaar aan elke kant van die pad, met die pad wat tussen die huise deurloop. Waar die pad was, was daar genoeg lig op die volle lengte van die pad, asook deur die vallei aan die anderkant. Daar was egter 'n baie skerp lig wat gekom het van die agterkant van die berge af, waarin die pad verdwyn het. Die agterkante van die twee huise en op beide kante van die klein padjie, was daar eers skemerlig en toe skielik was dit heeltemal in donkerte gehul. Die agterkante van die twee huise het oorgehang die duisternis in. Met nadere ondersoek, het ek waargeneem dat die agterkante van beide huise besig was om te verkrummel en in ruïnes te verander. In realiteit was ongeveer net die helfte van elke huis bewoonbaar. Soos die visie aan 'n einde gekom het, het ek Yahweh hoor sê: "Stap in hierdie pad".
Soos die visie afsluit het ek geweet dat die twee huise twee sisteme van religie/godsdienstige gelowe en praktyke verteenwoordig. Die huis aan die linkerkant het die Evangeliese Christendom verteenwoordig wat by Martin Luther en sy vennote in die 1500's begin het. Die huis aan die regterkant het die Messiaanse Judaisme verteenwoordig en Israelitisme het begin by die Joodse bekeerlinge tot Christus, hoofsaaklik vanaf die mid 1900's tot vandag.
Die soliede kant van die Evangeliese Huis aan die pad se kant wat belig was, verteenwoordig die basiese waarhede van die boodskap van reddende/verlossing: geloof in die opgestane Christus en verlossing deur genade. Die gedeelte wat verkrummel het op die agterkant in die donker, verteenwoordig al die valse tradisies in die verskeie takke - teenstrydigheid (wetteloosheid), 'een maal gered altyd gered' dwaalleer, vals Sondag Sabbat, vals heidense tradisies (soos Kersfees, Paasfees, Halloween, ens.), kompromieë met staatsbemoeiing, Katolieke oortuigings, Vervangingsteologie, Kerkisme, ensovoorts.
Die soliede kant van die Messiaanse Huis, aangesig in die pad en gebaai in die lig wat verteenwoordig word deur eeuoue waarhede of Torah-gehoorsaamheid wat verwag word van diegene wat 'n volle vertroue het in die Messias, Yah'shua (Jesus), insluitende die onderhouding van die ware sewendedag Sabbat, die sewe feeste of die statebond van Israel, die lunarkalender, dieetwette, ens.. Die deel wat verkrummel aan die agterkant in die duisternis verteenwoordig al die vals tradisies in die menige takke - hul anti-Christendom (versuiming om die Hand van Yahweh in Protestantisme oor die eeue heen te herken), aanhang van vals Talmoediese leerstelling en gebruike (insluitende vals feeste soos Hanukkah), glo dat die Israelse Republiek die restorasie van Bybelse Israel is ( dit is nié - dit is nagemaak {Counterfeit}), die kabbalistiese okkultisme, die dwalleer aangaande die deïteit van die Messias, hul rassisme (beskou Jode as superieur bo ander mense, insluitend Efraim) en die versuim om te bevestig dat Josef die leier van Messiaanse Israel is, nie Juda nie, ensovoorts.
Ons doelstelling is na dit wat agter hierdie berg lê, wat by verre groter is as enigiets wat ooit voortgebring is in evangeliese Christendom of Messianisme, al bevat dit die onmisbare elemente van beide hierdie 'huise'. Hoewel hierdie twee huise nie die letterlike Huis van Efraim en Juda is nie, wat beide twee afsonderlike stamentiteite is, hulle is werklik simbolies van hulle houdings en optredes swakhede en sterkpunte. Ons verteenwoordig die Nuwe Israel wat sal wees en huidiglik is ons by die punt waar ons tussen die twee huise deurgaan na die Een Huis van Josefitiese Messiaanse Israel. By die waarhede van die twee tradisies het Yahweh nog meer bygevoeg wat Hy restoreer deur ons en sonder twyfel deur andere ook. Hierdie is ons visie. Dit is waarheen ons oppad is.
As 'n bediening het ons begin deur verder te beweeg as naasmekaarstelling tussen die evangeliese en die messiaanse huise (as 'Messiaanse Evangeliane') en in die finale voltooiingsfase van ons roeping (alhoewel elemente daarvan altyd teenwoordig was) dit sal ons okkupeer vir die oorblywende tyd voor Yah'shua (Jesus) terugkom.
Jou uitnodiging
Iets baie buitengewoons gaan binnekort gebeur in die Liggaam van Christus - 'n salwing wat ons die 'Sukkotsalwing' noem - wat heeltemal verskillend sal wees van enigiets wat ons al ooit tevore gesien het. Ons as Messiaanse Evangeliane verwag om heeltemal volkome verander te word daardeur, hoewel ons boodskap dieselfde sal bly - net soos Dwight L. Moody ondervind het terwyl hy in Wallstraat , Chicago geloop het, toe die Ruach haQodesh (Heilige Gees) hom eensklaps vervul het.
Intussen, het ons 'n fees vir jou op hierdie webtuiste en nooi jou om 'n noukeurige studie daarvan te maak. Hiermee nooi ons jou ook om by ons aan te sluit in ons besprekingsgroepe om ander siele te ontmoet wat eendersdenkende is en om aan te sluit by ons gemeentes (Nuwe Verbonds Genote van Yahweh {NVGY} NCAY) waar hulle ookal besig is om vorm aan te neem in die wêreld. Baruch haShem Yahweh!
Verdere Leesstof
[1] The Ploughed Field: The End-Time Work of this Ministry
[2] Theological Extremism: Wild West Evangelicals and Messianics
[3] Unity: Illusions and Reality
Return to main page
Hierdie blad was ontwerp op 11 December 2009
Opdateer op 11 Januarie 2014
Vertaal in Afrikaans op 12 Maart 2017
Kopiereg © 1987-2017 NCCG - Alle Regte Voorbehou
Vertaal deur Annemarie Nolte
Hierdie bladsy is geskep op 25/02/2017
Laaste opgedateer op 25/02/2017
|
Copyright © 1987-2017
Nuwe Verbond Gemeente van Yahweh
Alle regte voorbehou