New Covenant Assemblies of Yahweh, Nuwe Verbond Gemeente van Yahweh - Logo Copyright © 1987-2017 NCAY - All Rights Reserved
Return to Main Page

HULPBRONNE

Algemeen

Vrywaring

Inleiding

Simfonie van Waarheid

Plan van Verlossing

Algemene inligting

In 'n neutedop

Weeshuise

CD-Rom

Kopiereg

Skenkings

Kalender

Kontak

Gemeentes

Publikasies



    10
    YAHWEH
    Die Naam van die Ware God

    As jy 'n opname moes maak van mense wat in God se bestaan geglo het, en gevra het wat Sy Naam was, sou die verre meerderheid van Christene heel moontlik hulle koppe geskud het en vir jou gesê het dat hulle nie weet nie. Sou jy die Jehovah Getuies vra, sou hulle onmiddelik vir jou kon sê dis "Jehovah". Die Mormone sou jou waarskynlik kon sê dat Sy Naam "Elohiem" is, die Verenigde Pinkster gelowige sou antwoord "Jesus" en ander sou waarskynlik "Vader" of "Hemelse Vader" geantwoord het. Die Jode noem Hom "Adonai". Vra 'n Moslem en hy sal jou sê dat God se Naam "Allah" is, 'n Hindu en hy sou jou een van 'n paar name van hulle panteon gee soos "Brahma", "Vishnu" of "Kali", of 'n Vrymesselaar en hy sou (indien jy 'n mede Vrymesselaar was) vertel dat God "Jabulon" genoem word of (indien jy nie 'n kollega is nie), "die Groot Argitek". Baie okkultiese groepe sal sê dat dit "Lucifer", "Maitrea", "Gaia", "Satan", of menige andere is. Neem 'n opname van elke gelowige groep ter wêreld en jy sal opeindig met honderde verskillende name.

    Meeste mense sal heel waarskynlik die Naam van God as iets irrelevant beskou en vir jou sê dat dit genoeg is om Hom "God" of "Here" te noem. 'n Tipiese toesnou sou wees: "Ons aanbid almal dieselfde God maar noem Hom (of Haar) net verskillende name". Ander sal antwoord: "Om Sy Naam te ken is nie belangrik nie, maar om te weet wie Hy is, is belangrik". Die eerste stelling is geheel en al vals. En die tweede is net 'n halwe waarheid.

    Jou Naam is Belangrik

    Ek is seker as jou naam Johan Smith was sou jy ten sterkste beswaar aangeteken het as iemand jou "Knopkop" of "Adolf Hitler" genoem het. Jy sal teen die eerste een beswaar aanteken omdat dit jou menswaardigheid aantas, en die tweede een omdat mense dit onmiddellik met geweld, moord, oorlog en dies meer assosieer. So ook, as jou naam Martie Mostert was, sou jy nie daarvan gehou het as iemand jou "Florence Nightingale" genoem het nie, hoe ookal 'n wonderlike dame sy was want die twee name verteenwoordig twee heeltemaal verskillende persoonlikhede. Al sou jy 'n verpleegster gewees het en deur jou pasiënte bewonder word omdat jy baie in gemeen het met Florence Nightingale, maak dit steeds nie van jou Florence Nightingale nie, want Martie en Florence is uniek. Daar is geen manier dat Martie en Florence vergelyk kan word nie.

    Soos in my geval het jy ook (of mag jy dalk nog) verskeie byname. Toe ek op universiteit was het ek gereeld Mozart gefluit en het my klasmaats het my "Wolfgang" genoem na die komponis se naam. Ek was ook bekend as baie ander name, sommige vir 'n kort tydjie, ander nie. Maar slegs "Christopher" (of sy afkorting "Chris") is my ware aardse naam en is dit die enigste een waarby ek myself mee positief kan identifiseer op amptelike dokumente. Indien ek op 'n tjek sou teken as "Wolfgang", sou dit onmiddellik hop.

    Somtyds vind mense dit moeilik om 'n naam uit te spreek. In Oostelike Noorweë waar hulle sukkel om 'n "s" uit te spreek aan die einde van 'n woord, en waar kort klinkers (vokale) ook 'n probleem kan wees, word ek gereeld "Kreesh" genoem. Alhoewel dit sekerlik soortgelyk is aan "Chris", sal meeste Anglo-Sakse 'n probleem hê om te probeer uitwerk wie "Kreesh" is. En in Maleisië, waar die Chinese groot probleme het met hulle "r'e" en l'e", om nie eens te praat van diftonge nie, was ek gereeld "Klissofer" genoem in plaas van "Christopher".

    In die ou dae was name vir pasgebore babas gegee om iets spesiaal van sy persoonlikheid aan te dui. 'n Naam, selfs die van 'n sterfling, was beskou as heilig en moes gerespekteer word omdat dit op 'n manier 'n samevatting van sy persoonlikheid was. Dus, om te sê "Chris Warren is 'n eier-kop", is om my hele wese te beledig. Deesdae word babas vernoem na òf 'n naasbestaande, omdat dit mooi klink òf omdat (byvoorbeeld) dit die naam van 'n gunsteling rugby / sokkerspeler is.

    In Bybelse tye was babas òf vernoem na 'n bekende held van die geloof, òf gegee deur direkte openbaring. Ons lees in die Evangelies hoe Johannes die Doper sy naam direk deur openbaring van 'n engel ontvang het (Luk.1:11ff) - Johannes (of in behoorlike Hebreeus, Yochanan) was nie 'n naam wat deur naasbestaandes gebruik was nie (v.61) en Elisabeth het die tradisie verbreek om hom so te noem. Toe die vader, Sagaria, wie vroeër met stomheid geslaan was, bevestig het dat sy seun se naam Johannes was, was sy spraak in 'n kits weer herstel en het hy God geprys (vv.62ff). Dus was die naam in God se oë BELANGRIK. Enige ander naam sou teenstrydig gewees het met God se wil.

    Daar is talle gevalle in die Skrif waar God vir sy diensknegte nuwe name gegee het - Abram was hernoem na Abraham, Sarai was hernoem na Sarah, Jakob was herneom na Israel, en so meer. Binne elke goddelik toegekende naam was daar openbaring en 'n taak van God. Daarom was dit heilig. Sou Sagaria geweier het om sy seun Johannes te noem en hom 'n ander te gee soos byvoorbeeld Eli, sou hy nie steeds stom gebly het nie, maar ek vermoed 'n baie erger lot sou oor hom gekom het. ONS MOENIE PEUTER MET GOD-GEGEWE NAME NIE.

    Jesus se Naam

    Daar is geen profestiese Naam meer belangrik as die Naam van die Seun van God, wie die wêreld leer ken het as "Jesus", nie. In die Bybel word ons sy betekenis gegee:

      "… die boodskapper Ghavriél deur Elohiem gestuur … en die boodskapper sê vir haar (Miriam) … en kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom YAH'SHUA noem" (Luk.1:26-31; Matt.1:21, WeG).

    Ongelukkig is miljoene Christene groot gemaak met die oortuiging dat die Naam van die Seun van God "Jesus" is. Maar dit is nie. "Jesus" is glad nie sy regte naam nie maar 'n korrupte Grieks-Latynse naam wat nie die betekenis oordra van wat deur Gabriël toegeken was nie. Die Grieks vir "verlosser" is soter terwyl die Latyns salvare is. Die Seun van God was nooit "Jesus" genoem terwyl Hy gelewe het nie.

    Elke seun wat gebore was in die antieke tyd het sy vader se naam gedra. My pa se naam was Keith, en sou ek 'n Hebreër gewees het, sou ek bekend gestaan het as Christopher Seun van Keith, of in Hebreeus, "Christopher ben Keith". Daar was nie vanne of "famile name" in die antieke tyd nie, maar daar was sekerlik stam-assosiasies. Hierdie antieke gebruik word steeds toegepas in baie lande regoor die wêreld, byvoorbeeld in Indië.

    Toe Jesus nog 'n mens was het hy die naam van sy stiefpa, Josef, gedra en sou hy bekend gestaan het as "Jesus ben Josef" (of "Jesus bar Josef"). Maar Jesus was nie 'n algemene mens soos ons nie - Josef was 'n stiefpa. Sy Hemelse Vader was Sy ware Vader en wie se Naam Hy verwag was om te dra. En Hy doen wel, en het verklaar toe Hy gesê het: "Ek het gekom in die Naam van my Vader" (Joh.5:43, WeG) wat meer beteken as slegs om die outoriteit van God te dra - dit beteken dat die Vader se Naam Sy eie was.

    Die ware Naam van die Persoon wie ons leer ken het as "Jesus", is in werklikheid YAH'SHUA. Sy Naam word selfs in die Ou Testament genoem toe Moses gesê het: "YAH ("die HERE") … het my tot verlossing geword" (Eks.15:2, WeG). Dawid herhaal dit: "YAH ("die HERE") … het my tot verlossing geword" (Ps.118:14, WeG). Dit het 'n algemene uitroep van oorwinning geword: "YAH ("die HERE") … het my tot verlossing geword" (Jes.12:2a, WeG). Die Hebreeus vir "verlossing" is shua; dus YAH-SHUA wat beteken "Yah (God, die Here) is my verlossing".

    Yah'shua, die ware Naam van 'Jesus'

    Dit was dieselfde naam wat aan die verlosser, Joshua gegee was, wat die Iraeliete tot oorwinning gelei het in die oorneem van die Beloofde Land. Sy naam was oorspronklik Hoshea of Hoshua, maar Moses het God se Naam YAH as 'n voorvoegsel by sy naam gesit, wat hom toe die naam Yahoshua gegee het, wat beteken, "die Verlossing van Yah". Deur die verloop van tyd het die klinker (vokaal) "o" versag en het toe sy naam Yahushua of Yah'shua gemaak, baie dieselfde as my eie naam wat algemeen verkort word van "Christopher" na "Chris".

    YAH en YAHWEH

    "Yah" (in Duits geskryf as "Jah" waarvandaan dit na ons toe gekom het), die goddelike naam wat in baie bybelse name verskyn (bv. Ps.68:4, WeG), is by homself 'n afkorting van God se volle Naam, YAHWEH.

    YHWH, Yahweh, die Naam van God die Vader

    As gevolg van 'n Joodse bygeloof om nie hierdie woord te herhaal / uiter nie, het God se ware Naam verberg gebly en gevolglik verlore geraak. Anders as moderne tale soos Engels, Frans, of Duits, besit die oorspronklike geskrewe Hebreeuse taal nie klinkers in die woorde nie, maar bestaan net uit medeklinkers en was aanmekaar in een lang string geskryf. Dus, die Afrikaanse sin "My naam is Johan Smith" sal lyk as volg: MNMSJHNSMTHFMNMSJHNSMTH. As gevolg van die klein woordeskat van die antieke Hebreeuse taal was dit nie moeilik om die vermiste vokale verstandelik terug te plaas in die geskrewe vorm terwyl gelees word nie want almal het dit daagliks gepraat; en waar daar ander moontlikhede was, het die konteks daarvan gewoonlik die korrekte uitspraak aangedui.

    "Jehovah"

    Later van tyd het die Hebreeuse geleerdes die klinkers terug in die teks gesit sodat dit makliker leesbaar was. Die vermiste klinkers van die Goddelike Naam YAHWEH is egter nie terug gesit nie -- maar in plek daarvan was die klinkers van die Hebreeuse ADONAI (beteken "Heer / Here") ingesit wat gelei het na die vals transliterasie, JEHOVAH.

    Ongelukkig, ten spyte van die feit dat meeste geleerdes die foutiewe voortlewing van die Goddelike Naam erken het, het min Bybels dit erken of gebruik. Volgens my kennis, is dit net die Catholic New Jerusalem Bible wat getrou die Naam YAHWEH gebruik. Meeste ander vervang dit met òf "HERE" òf sit "JEHOVA" in - die eersgenoemde is geheel en al nie 'n toepaslike naam nie (en kan vir mense gebruik word) en laasgenoemde is nie net foutief nie maar ook godslasterlik, want as dit letterlik vertaal word, beteken dit "Y-H is ondeund", "ruïneer", "ramp", of "pervers" (Heb. hovah = "ondeund", "ruïneer", "ramp", of "pervers"). Ons is dus glad nie verbaas dat een van die ergste kamma-Christen sektes (kultus) hierdie vals naam gebruik as 'n titel vir God nie.

    Maak dit Saak?

    Maak dit saak as ons die Naam van die Heilige Een verkeerd kry? Indien ons 'n verkeerde naam in ons onkunde gebruik, dan is ons nie skuldig nie. Maar wanneer ons tot kennis gekom het, word ons verantwoordbaar.

    Dit maak saak want God sê so. Lees versigtig deur jou Bybel en jy sal honderde verwysings ontdek wat nie net sê dat God as 'n Persoon gerespekteer moet word nie, maar ook Sy NAAM. Waarom? Want "die verlossing is in niemand anders nie, want daar is ook GEEN ANDER NAAM onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie" (Hand.4:12, WeG, haal Joël 2:32 aan wat lees: "En elkeen wat die Naam van YAHWEH aanroep, sal gered word"). Watter Naam is diè? YAH'SHUA. Watter Naam dra Yah'shua? Yah'shua dra die Naam van YAHWEH, ons Hemelse Vader.

    Die Bybel leer nie dat daar "geen ander persoon is deur wie die mens gered kan word" nie, maar geen ander NAAM. Beteken dit dan dat God se persoonlikheid onbelangrik is? Natuurlik nie. God is 'n Persoon. Hy is persoonlik, 'n Goddelike Wese met wie ons mag gesprek voer en om Hom persoonlik te leer ken. Maar hoe kan ons die Ware God onderskei van alle ander gode wat hulself voordoen as Hy?

    Vir arguments onthalwe, kom ons sê dat jy 'n klein, blinde dogter het wat verlore geraak het en deur die polisie gevind is, hoe sou sy haar ouers verbaal identifiseer? Sy sal nie hulle voorkoms kan beskryf nie want sy kan nie sien nie. Sy kan hulle karaktereienskappe beskryf -"My pa is gaaf en my ma is lief vir my", maar dit sal nie die polisie baie behulpsaam wees nie. So wat sal sy doen? Sy sal hulle NAME gee - Jan en San Smith.

    Kom ons veronderstel dat daar 'n noodgeval by die huis ontstaan en die hospitaal het my werksplek gebel. Wat sou dit gehelp het as daar oor die interkom geroep word "Philip Morrison"?!

    Ons word in die Skrif opdrag gegee om nie die persoonlikheid van God te aan te roep nie, maar Sy NAAM. Kan enige iemand God in Sy volheid beskryf? Natuurlik nie! Ons weet baie oor Hom (of behoort te weet indien ons ware Christene is), maar ons sal Hom nooit werklik ten volle kan ken in hierdie leeftyd nie. So, hoe identifiseer ons Hom? Deur Sy NAAM.

    Anders as die mens, is God almagtig en alwetend. Hy is genadig wanneer ons, in ons onkunde, Hom aanspreek op die verkeerde Naam. Ek hou nie baie daarvan om "Kreesh" genoem te word nie, maar ek aanvaar dat dit baie moeilik vir sommige Noorweërs is om enige iets anders te sê. Maar as iemand moedswillig my "Benito Mussolini" noem terwyl hy my regte naam ken, het ek dan nie die reg om met hom omgekrap te wees nie? Wat kan sy motiewe wees om my so te verkleineer? Dus, as ons weet dat God se Naam YAHWEH is, maar ons hou aan om Hom "Jehovah" te noem ('n naam nooit gebruik voor 1518 nie), is ons dan nie besig om met Hom die spot te dryf nie?

    Die derde gebod sê dat ons nie die Naam van God, Yahweh, moet misbruik nie. Sy Naam is nie "Jehovah" of "Allah" of enige ander mense-gemaakte naam nie, waarvan sommige ongetwyfeld van demoniese oorprong is. Alhoewel "Here" (Adonai) en "God" (Elohim, El) geensins disrespekvol is nie (daar is egetr sterk bewyse dat Adonai 'n geleende woord van Griekse afkoms is van die heidense god Adonis), is dit generiese name, maar is hulle nie God se ware name nie. Wanneer ons Yahweh aanspreek as "God" of "Here", dan sondig ons nie, alhoewel sommige meen dat die woord "God" afgelei is van die heidense god Gad/Gawd ('n ander naam vir Jupiter of Zeus) en die woord "lord" 'n Romeinse huisgod, daarom behoort hulle nie gebruik te word nie (vervang dit eerder met Elohiem en Meester) - Yah'shua (Jesus) leer ons inderdaad dat ons Hom as "Vader" moet aanspreek in ons gebede. Laat elkeen daarom met sy gewete saamleef oor hoe hy die Almagtige aanspreek.

    Wat van "Jesus"?

    Gesien in die lig van wat ons weet van "Jehovah" en Yahweh, wat sal ons posisie wees ten opsigte van "Jesus" en Yah'shua? Anders as die woord "Jehovah", wat ons as godslasterlik beskou, kan ons geen bewyse vind dat "Jesus" onder 'n soortgelyke kategorie val nie.

    Soos ons reeds gesê het, is "Jesus" nie 'n behoorlike naam nie, en vertel ons ook niks van die Messias as 'n persoon nie. Dis duidelik dat Yah'shua of Yahushua 'n beter Naam is en een is wat ons moet begin gebruik. "Jesus" is afgelei van Grieks wat nie 'n "sh"-klank het nie. Toe Yah'shua oorspronklik na Grieks vertaal was, het dit moontlik geklink iets soos "Eesu-uh" met die agtervoegsel "s" vir die grammaties korrekte einde, wat dit toe IESOUS maak. Dit was ook die naam wat in Engels gebruik was tot en met ongeveer twee-en-'n-halwe-eeu gelede toe dit as "Iesus" geskryf was (en steeds die uitspraak hier in Skandenawië is, alhoewel dit gespel word as "Jesus").

    Daar is sommige wat aanvoer dat "Iesous" 'n godslasterlike sinkretisme (die samesmelting van verskeie gelowe, kulture, of denkskole) met die Griekse afgod Zeus (Ye-Zeus) is, maar ons vind weinig bewyse daarvoor. Iesous is maar net die Helleense (Griekse) weergawe van Yah'shua wat deur die Franse invloed op die Engelse taal gekorrupteer was deur dit "Jesus" te maak. Om "Jesus" te sê in plaas van Yah'shua, is nie minder beledigend as om my "Kreesh" te noem in plaas van "Chris" nie. Maar dis duidelik dat "Yah'shua" beter is, en aangesien daar geen Anglo-Sakse hindernis is ten opsigte van die uitspraak daarvan nie, moet ons begin om dit te gebruik. Tergelykertyd noem die meerderheid Christendom steeds vir die Messias "Jesus", en vir die kommunikasie se onthalwe het die Nuwe Verbond Christene geen besware om dit algemeen te gebruik nie.

    Afsluiting

    Dit is egter belangrik dat ons die Naam van ons Hemelse Vader reg het. Verlossing, volgens die Skrif, is alleenlik die Naam van Yahweh (of Yahuweh met 'n sagte 'u') (Heb.4:12; Joël 2:32; Spr.18:10). Ons word beveel om Hom as "Vader" (Matt.6:9) en "Yahweh" (Ps.133:3) aan te spreek. Dit word belangrik geag om die Naam van die ware God te ken, en om in Sy Naam te vergader bring spesiale seëninge mee (Sag.10:12; 13:9). God se mense ontken nie Sy ware Naam nie (deur aan te dring op bv. "Jehovah" - Open.3:8; 2:13) en sal inderdaad , as 'n teken dat hulle op die weg van Waarheid is, daardie Naam sal ken (Jes.52:6; 43:7; Dan.9:19; 2 Kron.7:14; Amos 9:12; Jer.15:16) en hulle sal geseël word in daardie Naam (Open.22:4). En wanneer ons daardie ware Naam ken, sal ons gebruik daarvan bewyse wees van ons gehoorsaamheid aan Sy gebooie (Jer.10:25; Open 13:17 & 14:1), en die Naam sal gefokus wees op diegene wat rebelleer teen God (Mal.1:6; Open.13:6; Open.16:9). Waarlik, diegene wat weier om Sy Naam te erken sal gestraf word (Mal.1:14; Ps.79:6; Jer.10:25; Joh.3:18; Open.11:18).

    In kort, YAHWEH se Naam is die fondasie vir alle waarheid. Wat sal ons dan sê van diegene wie Yahweh verwerp maar vir Jesus aanvaar? Hulle het Jesus ook verwerp want Jesus is YAH-SHUA - die Verlossing van Yahweh! Jesus word so naby aan Yahweh in die Skrif geïdentifiseer dat dit skynbaar ononderskeidbaar is van Hom, die "magtige God (Elohiem). Die ewige Vader (Abba)" (Jes.9:6). Dus is ons geregverdig deur te sê dat YAHWEH en YAH'SHUA (Jesus), vir alle doeleindes, ononderskeidbaar is sovêr as wat hulle gemeenskaplike Naam aangaan. Yahweh is die Vader - en Yahweh is die Seun.


    Slotnota ten opsigte van "Elohiem" en Mormonisme

    Dit is interessant dat Mormone na die Vader verwys as "Elohiem" en na Jesus as "Jehovah", waarvan die laastegenoemde 'n godslasterlike naam is wat selfs aan die einde van die Boek van Mormoon (Moroni 10:34) verskyn en in 'n miskwotering van Jes.12:2 waar "Here Jehovah" verkeerdelik vertaal is na "Yah, Yahweh" (2 Nephi 22:2). "Elohiem" is nie 'n volwaardige naam nie en vertaal eenvoudig na "God" toe, en is altyd gekonnekteer aan Yahweh in titel as Goddelik, soos "Yahweh-Elohiem" (vertaal in meeste Afrikaanse Bybels as "HERE Here"). Interessant genoeg, het die apostel Thomas Jesus aangespreek (sonder om gekorregeer te word) as "My HERE en my God" (wat in Hebreeus sou gewees het "my Yahweh en my Elohiem")! Dus is dit nie net die Vader en Seun wat beide "Elohiem" genoem word nie, maar hulle word ook beide "Yahweh" genoem (Jehovah Getuies ook!).


    Vertaal deur François van Staden

    Hierdie bladsy is geskep op 27/04/2017
    Laaste opgedateer op 27/04/2017


    Copyright © 1987-2017
    Nuwe Verbond Gemeente van Yahweh
    Alle regte voorbehou