New Covenant Assemblies of Yahweh, Nuwe Verbond Gemeente van Yahweh - Logo Copyright © 1987-2017 NCAY - All Rights Reserved
Return to Main Page

HULPBRONNE

Algemeen

Vrywaring

Inleiding

Simfonie van Waarheid

Plan van Verlossing

Algemene inligting

In 'n neutedop

Weeshuise

CD-Rom

Kopiereg

Skenkings

Kalender

Kontak

Gemeentes

Publikasies



    9
    Yah'shua die Messias
    (Jesus Christus)
    En Sy Plek In Die Godheid

      "En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die een, waaragtige Elohiem, en Yahshua die Messias (Jesus Christus) wat U gestuur het" (Joh 17:3, WeG).

    Ek is een van daardie nuuskierige mense wat daarvan hou om dinge te verstaan, veral die groot vrae van die lewe. Ek wil vandag een van daardie "groot" vrae vra. Dis 'n vraag wat ek vra sedert ek 'n gelowige geword het ongeveer 30 jaar gelede en dis een wat ek nou eers besig is om te begryp. En die vraag is: "Wie is Yah'shua (Jesus)"? En as 'n sekondêre vraag, wat is Sy verhouding met Yahweh ons Hemelse Vader? Waar het Hy vandaan gekom? Wat beteken die Skrif wanneer dit sê dat Hy die "eergeborene" van die Vader is? Is Hy deel van 'n "Drie-Eenheid"? Was Hy altyd "deel" van Elohiem (God)? Of was daar 'n tydstip toe Hy deur die Vader geskep was? En het Hy werklik 'n begin gehad?

    Daar is verskeie Geskrifte in die Bybel wat die Trinitariërs baie moeilik vind, indien nie totaal onmoontlik nie, om te verduidelik. Hierdie Geskrifte, wanneer dit versigtig ondersoek en analiseer word, vernietig en weerlê die doktrine van die Drie-Eenheid. Maar tergelykertyd, vernietig en weerlê dit ook die doktrine van die "Dubbele" Godheid, of wat sommige benoem het as 'n "Binitariese" Godheid van Twee lede!

    Na aanleiding van die Drie-Eenheid doktrine, wat deur die groot meerderheid van Christen-kerke aanvaar word, is daar Een God wat uitgedruk is in Drie Persone - wie almal gekombineer is in "Een" werklike Wese - nie drie verskillende Wesens nie! Hierdie drie is veronderstel om "gelykwaardig, mede-ewig," en "ongeskep" te wees. Hulle is nie veronderstel om enigsins liggaamlike vorm te besit nie, want om op so 'n wyse van hulle te dink sal, volgens Trinitariërs, hulle beperk word as 'n veilbare menslike beskouing van God. En tog weet ons dat die opgewekte Yah'shua (Jesus) 'n sigbare, fisiese vorm het want Hy het 'n opgewekte menslike liggaam wat gesien en aangeraak kan word.

    Nog 'n algemene teorie is dat daar oorspronklik Twee Wesens in die Godheid was - wat in alle ewigheid bestaan het. Volgens hierdie teorie, was hierdie Twee Wesens - die Vader en die Logos (Grieks vir "woord"), Davar (Hebreeus vir "woord"), of Seun - "gelykwaardig, mede-ewig," en "ongeskep". Hulle is twee Wesens, tog tree hulle in harmonie op as Een. Hulle het vorm, en dis hulle wat sê, "Laat ONS mense maak na ONS beeld, na ONS gelykenis" (Gen.1:26, WeG). Volgens hierdie model, is die Ruach haKodesh (Afgesonderde Gees) nie 'n persoon nie, maar die onsigbare krag wat deur die Vader en Seun gestuur is.

    Op Watter Wyse is [Eloha/Elohiem] "EEN"?

    Maar is enige van hierdie konsepte werklik waar? Leer die Bybel 'n Trinitariese of 'n Binitariese Godheid? Yahweh openbaar Homself in die Ou Testament aan Israel in die bekende Shema wat elke Jood leer om daagliks te herhaal: "Hoor, Yiesraél, Yahweh is ons Elohiem; Yahweh is een" (Deut 6:4, WeG). Dit is egter nie die korrekte betekenis van die oorspronklike Hebreeuse uitdrukking nie. Die werklike, oorspronklike Hebreeus vir hierdie vers vertaal letterlik:

      "Yahweh ons God [Elohiem], Yahweh is een" of "Yahweh ons Elohiem, Yahweh is een"

    Wat word bedoel dat Yahweh "Een" is? Die Hebreeuse woord vir "een" in hierdie vers is echad en het 'n baie interessante betekenis. Die Companion Bible sê van hierdie woord:

      "Een. Heb. 'echad' - 'N KOMPAKTE EENHEID (Lat. unus), een wat van ander gemaak is; Gen 1:5, een van sewe; 1:11, een van vier; 2:21, een van vier-en-twintig; 2:24, een gemaak van twee; 3:22, een van drie; 49:16, een van twaalf; Num 13:23, een van 'n tros; Ps 34:20, ens. Dit is nie yahid nie, wat beteken (Latyn) unicus, uniek - enkel of slegs een ..."

    Dus weet ons daar is EEN GOD - maar wat beteken dit werklik? Die aanbidding van baie gode, politeïsme, is heidens en demoon-aanbidding. Die heidene aanbid vele gode!

    Die apostel Paulus vertel ons iets baie interessants oor die ware God, maar, in kontras met heidense gode. Hy skryf:

      "Want al is daar ook sogenaamde elohiem, of dit in die hemel en of dit op die aarde is - soos daar baie elohiem en baie meesters is -tog is daar vir ons maar een Elohiem, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Meester, Yahshua die Messias deur wie alles is, en ons deur Hom" (1 Kor.8:5-6, WeG).

    Hier is iets baie interessants. Hier sien ons dat God [El/Eloha] die Vader uiteindelik die EEN WARE GOD is (Meester). Maar tog weet ons dat Hy ook God is, want, in Hebreeus lees ons van Hom:

      "Díé Een is in alles groter as die engele, volgens die mate waarin die Karakter en Outoriteit (Naam) wat Hy het, meer uitstekend is as hulle s'n, want aan watter een van die engele het God ooit gesê: "terwyl Hy soveel uitnemender geword het as die boodskappers namate Hy 'n voortrefliker naam geërf het as hulle. Want aan wie van die boodskappers het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? En weer: Ek sal vir Hom 'n Vader wees, en Hy sal vir My 'n Seun wees? En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die boodskappers van Elohiem moet Hom aanbid. En van die boodskappers sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme" (Heb.1:4-7, WeG).

    Yah'shua (Jesus) is dan ook "God". Maar dit behoort voor die handliggend te wees dat Hy nie so groot as die Vader is nie! Net soos 'n Seun onder outoriteit van sy Vader staan, so het Yah'shua alles van SY hemelse Vader geleer, en is soos Hy - maar ondergeskik aan Hom!

    Yah'shua self het hierdie feit erken. Hy sê,

      "want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het." (Joh.6:38, WeG).

    Yah'shua sê op 'n ander plek:

      "Julle ken My en julle weet ook van waar Ek is; tog het Ek nie uit Myself gekom nie; maar Hy wat My gestuur het, is waaragtig, vir wie julle nie ken nie. Maar Ek ken Hom, omdat Ek van Hom kom en Hy My gestuur het" (Joh.7:28-29, WeG).

    Let op wat Yah'shua (Jesus) weereens op nog 'n plek sê,

      "As Elohiem julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het uit Elohiem uitgegaan en gekom; want Ek het ook nie uit Myself gekom nie, maar Hy het My gestuur" (Joh.8:42, WeG).

    Yah'shua wys hier baie duidelik dat die Vader sy hoogste outoriteit uitoefen, en Hom GESTUUR het om 'n taak te verrig - om ons Verlosser te wees! In nog 'n plek sê Yah'shua reguit:

      "omdat My Vader groter is as Ek" (Joh.14:28, WeG).

    Yah'shua sê in sy finale gebed vir Sy dissipels:
      "En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die een, waaragtige Elohiem, en Yahshua die Messias wat U gestuur het" (Joh.17:3, WeG).

    Yah'shua het die Vader aanbid, gebid tot die Vader, en die Vader lief gehad, en ook die Vader gehoorsaam! Dis duidelik, in die Godelike Gebied, die Vader is GROTER as die Seun!

    Na Sy opstanding uit die dood, het Yah'shua aan Miriam (Maria) verskyn en vir haar gesê:

      "....maar gaan na my broers en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my Elohiem en julle Elohiem.." (Joh 20:17, PWL).

    Sien jy? Yah'shua het opgesien na die Vader as SY "God"! Dit wil sê, Hy het die Vader AANBID! Dit sou dus geen sin gemaak het indien Hy deel van die Drie-Eenheid was nie. Sal Een gedeelte van die Drie-Eenheid 'n ander gedeelte van die Drie-Eenheid AANBID indien hulle gelykstaande was? Jy aanbid tog dit wat GROTER in outoriteit en krag is - jy aanbid nie dit wat gelykstaande is nie. Yah'shua noem die Vader Sy eie GOD!

    Dis duidelik dat daar iets verkeerd is met die "Drie-Eenheid" doktrine, asook met die doktine dat die "Woord" of Logos/Davar GELYKSTAANDE aan God die Vader is, en dat hulle bestaan het in alle ewigheid, en dat hulle "gelykwaardig" en "mede-ewig" is.

    So, wat is die antwoord op hierdie geheimenis? Wat is die WARE OORSPRONG van die Logos, of Woord, of God? Wat is sy werklike verhouding tot God die Vader?!

    "Die EERSGEBORENE van Elke Skepsel"

    In die boek van Kolossense kry ons 'n ongelooflike stukkie Skrif wat van toepassing is op hierdie vraag, en die ware aard van die vooraf bestaan van die Een wie "Christus" geword het. Die Apostel Paulus skryf van die Messias Yah'shua (Christus Jesus) en sy vooraf bestaan voor Sy bonatuurlike menslike geboorte deur die vrou Miryam (Maria):

      "En die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die afgesonderdes in die lig -Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes. Hy is die BEELD VAN DIE ONSIENLIKE ELOHIEM, die EERSGEBORENE VAN DIE HELE SKEPPING; want IN HOM IS ALLE DINGE GESKAPE wat in die hemel en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte - ALLE DINGE IS VANWEË HOM EN TOT HOM GESKAPE. En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand. En Hy is die HOOF van die liggaam, naamlik die GEMEENTE; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees" (Kol.1:12-18, WeG).

    Wanneer ons hierdie gedeelte in konteks lees, word dit baie duidelik gestel dat die Een wie Yah'shua Messias (Jesus Christus) geword het, was oorspronklik geskep, of gevormeer in "die BEELD van die onsigbare God [Eloha]" - en dat Hy "die EERSGEBORENE van elke skepsel" was, of geskape was deur GOD [Eloha] die Vader!

    Die woord wat vertaal is "eersgeborene" in Kolossense 1:15, is prototokos, afgelei van protos, wat beteken "voorste/eerste" in "tyd, plek, rangorde van belangrikheid," en dit is vertaal "voor, begin, beste, hoof, eerste, in die begin." Dit is die oortreffende vorm van pro, wat beteken "voor, vooraf"; en tokos wat afgelei is van tikto en teko, wat beteken "om te produseer, (van saad, as 'n moeder, 'n plant, die aarde, ens.) - dra, gebore, voortbring, afkomstig van" (sien Strong's Exhaustive Concordance, #4416, 4413, 5088).

    So, vir hierdie Skrif om LETTERLIK WAAR te wees, en vir die Een wie Messias (Christus) geword het om as die "EERSGEBORENE" van elke skepsel te wees, moes Hy letterlik die "EERGEBORENE" gewees het VOOR ENIGE ANDER SKEPSEL GEBORE OF GESKAPE WAS! Hy moes dus EERSTE gewees het! Die Griekse woord ktisis (Strong's #2937) word in hierdie vers vertaal as "skepsel" en beteken "oorspronklike vorming," "gebou, skepping, skepsel, ordonnansie." Dus, wanneer ons hierdie vers versigtig ondersoek, vind ons dat Yah'shua die Messias (Jesus Christus) die "EERSGEBORENE" was, voor enige ander "oorspronklike vorming," "skepsel," "skepping" en "ordonnansie" (of wet) van hemel en aarde!

    Dit wil sê, na God die Vader, was Hy EERSTE, en Hy was die "EERSGEBORENE"!

    Hierdie stelling word gemaak in Kolossense 1:15, reg voor die volgende frase: "IN HOM IS ALLE DINGE GESKAPE ... alle dinge is in Sy hand en vir Hom geskep" (v 16). Dus, na die Logos, of die Een wat Christus geword het, gebore was, or "geskep" was, het Hy deelgeneem in die skepping van ALLES in die heelal!

    Ons lees in Johannes 1 die volgende verduideliking van Sy skeppende rol:

      "In die begin was die woord [Logos/Davar], en die woord [Logos/Davar] was by Elohiem [God], en magtig was die woord [Logos/Davar]. Die woord [Logos/Davar] was in die begin by Elohiem [God]. Alle dinge het daardeur ontstaan, en sonder die woord [Logos/Davar] het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie" (Joh.1:1-3, WeG).

    In Hebreërs skryf Paulus hierdie insig:

      "Nadat Elohiem [God] baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gepraat het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gepraat deur die Seun wat Hy as ERFGENAAM van alles aangestel het, DEUR WIE HY OOK DIE EEU DAARGESTEL HET. Hy, wat die afskynsel is van sy voortreflikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, ... gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte" (Heb.1:1-3, WeG).

    Die Logos was toe en is steeds die "afskynsel" van die glorie van God [Eloha] die Vader. Hy is die "Erfgenaam" van die Vader. Dit is deur Hom dat die Vader "DIE EEU DAARGESTEL HET" - die heelal. En nou sit Hy in die helmel aan die regterhand van die Vader!

    Wat vertel hierdie dinge vir ons? Voor ons probeer om die prentjie bymekaar te sit, moet ons na nog 'n paar duidelike en fassinerende stukke Skrif gaan kyk!

    "Die Begin van die SKEPPING van God [Eloha]"

    In die boek van Openbaring, in die sewe briewe aan die sewe gemeentes sê Yah'shua die Messias (Jesus Christus) aan die gemeente in Laodicea: "Dit sê die Amein, die getroue en waaragtige Getuie, DIE BEGIN VAN DIE SKEPPING VAN ELOHIEM [God]" (Open 3:14, WeG).

    Die Griekse woord arche word hier vertaal as "begin" en beteken "INWERKINGTREDING, of (konkreet) hoof (in verskeie aanwendings van ORDE, TYD, PLEK en RANG); begin, hoek, eerste, magistraat, krag, owerheid, reël. Thayer' Greek-English Lexicon:

    "1, BEGIN, OORSPRONG; a. absolute gebruik, van die BEGIN VAN ALLE DINGE ... b. in 'n relatiewe sin, van die BEGIN van die dinge waarvan gesê was ... 2. Die persoon of dinge wat BEGIN, DIE EERSTE PERSOON OF DING IN 'N REEKS, die leier ... 3. dit waaruit alles ontstaan, die OORSPRONG ... 4. DIE UITERMATE van 'n ding ... 5. die eerste plek, owerheid, reël, landdroskantoor ..."

    Die basiese, onderliggende betekenis van hierdie woord is eenvoudig "BEGIN," of "EERSTE," - soos die eerste motorkar in die geskiedenis, die eerste vliegtuig, die eerste wiel, die eerste planeet, die eerste vuur, die eerste geboude huis, ens. Let op hoe algemeen hierdie woord in die Skrif gebruik word:

      Matt.19:8 "maar van die begin af was dit nie so nie." (WeG)
      Matt.24:8 "Maar al hierdie dinge is 'n begin van die smarte." (WeG)
      Matt.24:21 "van die begin van die wêreld af tot nou toe ..." (WeG)
      Markus 1:1 "Die begin van die goeie nuus van Yahshua die Messias" (WeG)
      Markus 10:6 "maar van die begin van die skepping af ..." (WeG)
      Luk.1:2 "soos hulle wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was ..." (WeG)
      Joh.2:11 "Hierdie eerste een van sy tekens het Yahshua ... " (WeG)
      Kol.1:18 "Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode ..." (WeG)
      Open.1:8 "Ek is die Alef [begin] en die Tau [einde] ..." (WeG)

    Dit blyk duidelik uit hierdie verse te wees dat Yah'shua die Messias (Jesus Christus) AS DIE LOGOS, die heel EERSTE DAAD VAN PRODUKSIE OF SKEPPING, die heel EERSTE SKEPPING van die Vader was - Sy EERSGEBORE SEUN DEUR 'N SEMINALE DAAD VAN SKEPPING!

    Dis nie dadelik duidelik uit ons vertalings hoe die Vader, die oorspronklike EEN GOD, die Woord, Logos, of Seun, in die lewe gebring het nie. Met eerste oogopslag, so wil dit blyk, het Hy 'n "deel" van Homself geneem, van SY ewige gees, en dit gevorm in die Logos. (Hoe Hy dit vermag het sal ons binnekort sien). Toe Hy Hom egter geskep het, het Hy Hom BAIE GODDELIK geskep - selfs soos Hy, die Vader, baie Goddelik is - slegs minder in outoriteit! In die begin was daar EEN GOD [Eloha]. En in nog 'n daaropvolgende tyd van "begin", het God [Eloha] Homself "vermeerder", en 'n Seun geskep! Dus, die Logos was inderdaad die "EERSGEBORENE" van die hele skepping - die BEGIN van die Skepping - die Eerste Stap in God se kreatiewe Plan!

    Daar was dus EEN God [Eloha]. En toe het EEN, deur die proses van vermeerdering, wat alleen God [Eloha] van weet, TWEE goddelike Wesens, in volledige eenheid, harmonie en doel, ook God [Elohiem], geskep! Soos Yah'shua aan Sy dissipels gesê het,

      "Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader? Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle praat, praat Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke. Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My; of anders, glo ter wille van die werke self" (Joh.14:9-11, WeG).

    Yah'shua (Jesus) verduidelik verder in Sy laaste gebed vir Sy dissipels,

      "Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo -DAT ALMAL EEN MAG WEES net soos U, Vader, in My en Ek in U; DAT HULLE OOK IN ONS EEN MAG WEES, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. En Ek het hulle die grootheid gegee wat U My gegee het, SODAT HULLE EEN KAN WEES, NET SOOS ONS EEN IS. Ek in hulle en U in My, SODAT HULLE VOLKOME EEN KAN WEES ..." (Joh.17:20-23, WeG).

    Wat dit Beteken, God [Eloha] is "Een"

    Sien jy dit? God, die Vader, is EEN GOD - Hy is "EEN". Die Hebreeuse uitdrukking impliseer die betekenis van "EENHEID." Toe die Vader die Logos geskep het, het Hulle "EEN" geword. En nou bring die Seun van God "BAIE BROERS" IN HIERDIE GODDELIKE "EENHEID" IN!

    Die aplostel Paulus skryf:

      "Want die wat Hy voorheen geken het, hulle het Hy ook voorheen verordineer om gelykvormig te wees aan die BEELD VAN SY SEUN [wie in SY eie beeld is! - Heb 1:1-2], sodat Hy die EERSGEBORENE kan wees onder BAIE BROERS" (Rom.8:29, WeG).

    Soos God die Vader die Logos Sy Seun geskep het, en Christus in hierdie wêreld gebring het as Sy Seun om vir ons sondes te sterf, so is Hy nou in die proses om BAIE MEER SEUNS EN DOGTERS te skep - net soos Hyself - GODDELIK - wie almal in SY "EENHEID" SAL DEEL - die Eenheid van "GOD"!

      "Die Gees self [Aramees, Haarself] getuig saam met ons gees dat ons KINDERS VAN ELOHIEM IS; en as ons kinders is, dan ook ERFGENAME, ERFGENAME VAN ELOHIEM en MEDE ERFGENAME VAN DIE MESSIAS, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook SAAM MET HOM VERHOOG KAN WORD" (Rom.8:16-17, WeG).

    In die begin was daar EEN God [Eloha] - die "Vader." Met die verloop van tyd het Hy 'n EERGEBORE SEUN geskep - DIE LOGOS - om met Hom die hele skepping te deel, saam met wie hy die heelal geskep het, en Eloha [God] het Elohiem [God] geword! Hy het op 'n manier deel geneem aan Homself, en daardie gedeelte gevorm - daardie goddelike saad - in 'n volledige afdruk, 'n BEELD van Homself!

    Dus het die EEN God [Eloha] nou TWEE Wesens [Elohiem] geword, maar volledig VERENIG as "EEN", of "EENHEID". Oorspronklik was daar EEN Wese wat "God" [Eloha] was. Hy het "Twee" [Elohiem] geword deur die proses van self-vermeerdering! Dink daaroor vir 'n oomblik. Maak dit sin dat daar in die eerste begin TWEE Wesens was wie beide "God" [Elohiem] was? Indien daar TWEE was, dan moes hulle GELYK gewees het -- mede-ewig en gelykwaardig. Maar, soos ons gesien het, is daar VELE Skrifte wat bewys dat Yah'shua (Jesus) of die Logos, minder kragtig is en onder die outoriteit van die Een bekend as die "Vader" staan, en dat Hy self die Vader aanbid en Hom Sy "God" [Eloha] noem! Dit is dus duidelik dat daar in die eerste begin EEN God [Eloha] was - en Hy het later die Logos/Davar, of Woord in die lewe gebring, wie van Hom af gekom het (Joh.6:46; 7:29; 8:42; 9:4 10:29; 17:8).

    Maak dit enigsins sin dat daar in die begin TWEE was? Eenvoudige logika dryf ons tot die slotsom dat daar oorspronlik in die begin EEN was, en in 'n latere "begin", was daar "Twee". Dit is die werklike bedoeling in Joh 1:1, want in die oorspronklike Hebreeus/Aramees en in die Griekse vertalings lees ons, letterlik: "In 'n begin was die Woord [Logos/Davar], en die Woord [Logos/Davar] was met God [Eloha], en die Woord [Logos/Davar] was God [Eloha]" (Joh 1:1, WeG).

    Die Englishman's Greek Interlinear wys dat daar nie 'n "die" in die oorspronklike Grieks in Joh 1:1 is nie. Die korrekte Griekse taal hier sê, "In begin was die Woord". Die afwesigheid van 'n definitiewe lidwoord dui daarop dat die lidwoord "'n" die toepaslike vertaling hier sal wees!

    So ook in die Ou Testament, in Genesis 1:1, vind ons dieselfde in die oorspronklike Hebreeus. Die teks lees: "Bereshit bara Elohim ha shamayim va ha eretz". Dit beteken letterlik, "In ['n] begin, God ['die Magtiges Een" - Elohiem] het die hemel en die aarde geskape". Die afwesigheid van 'n definitiewe lidwoord "die" vir "begin" het aanleiding gegee tot baie verskillende vertalings, insluitende die volgende:

    • "When God began to form the universe .../Toe God begin om die heelal te vorm..." (Moffatt).
    • "When God began to create heaven and earth .../Toe God begin het om hemel en aarde te skape..." (Tanakh).
    • "When God began creating the heavens and the earth .../Toe God begin het om die hemele en die aarde te skape..." (Living Bible).

    Die Goddelike Naam Elohiem

    Wie is die "God" wat die hemele en die aarde geskape het? Die Hebreeuse word is Elohiem, 'n fassinerende woord. Die 'Critical-Experimental Commentary' sê die volgende oor die woord Elohiem:

      "Die Hebreeuse woord Elohiem, van sy afleiding en gebruik, dui op "krag", "magtig" ... 'n merkwaardige eienaardigheid onderskei hierdie woord; want dit is 'n MEERVOUDIGE NAAMWOORD saamgevoeg met 'n ENKELVOUDIGE NAAMWOORD wat die konstruksie volhou vir die grootste gedeelte van die Hebreeuse Skrif van die Ou Testament, alhoewel dit ook in verskeie verse gevind en geassosieer word met meervoudige voornaamwoorde, en op so wyse konnekteer dat dit dui op meer as een voorwerp. Hierdie wisseling van enkelvoudige- en meervoudige vorms, sowel as die gereelde kombinasie van beide in dieselfde sin, vorm 'n eienaardige idioom ongeëwenaard in enige ander taal, en dit vereis veral aandag ... Die gebruik daarvan het nie uit noodsaaklikheid ontstaan nie. Dit het ook nie ontstaan deur grammatiese foute nie; want die woord het in sy enkelvoud bestaan ... Ook was dit nie die oorsaak van 'n gebrek aan taal nie; die Hebreeuse woordeskat is ryker en beskik oor meer name vir die Goddelikeheid as enige ander gekweekte taal ..."

      "Dus moes die keuse van Elohiem, in voorkeur bo ander name van die Goddelike Wese, gedikteer gewees het vir 'n spesiale en belangrike rede. Die inlywing van so 'n term soos die aanspreekvorm van die ware God in 'n boek wat ontwerp was om 'n doodskoot aan afgodery te gee, soos dit algemeen toegepas was vir fals gode, en aanspreeklik uit daardie bekende gebruik, om die voorstelling van die pleeg van Politeïstiese idees ... blyk heetemaal onverklaarbaar te wees behalwe op grond daarvan dat dit bevorderlik was vir dieselfde doel; en daarom kan ons deur sy gebruik in die MEERVOUDIGE VORM aflei, soos dit geleer word by die oopmaak van die Bybel, dat dit in latere porsies daarvan duidelik 'n doktrine is - nl., dat alhoewel God een is, daar 'n MEERVOUDIGHEID VAN PERSONE IN DIE GODHEID IS, wie betrek was in die skeppingswerk" (p.1).

    In die oorspronklike begin, was daar egter EEN God, El (of Eloha), of "die Magtige Een". Later het Hy op een of ander manier deel gehad in Homself en 'n metgesel gevorm - 'n TWEEDE lid van die Goddelike Familie of Koninkryk, dus het EEN, TWEE geword - tog was hulle steeds EEN in funksionele Eenheid, en in algehele harmonie. Dus, die ENKELVOUDIGE EL het die MEERVOUDIGE ELOHIEM geword! Daarom, die twee van hulle, samewerkend as EEN GOD, en in elke respek waarlik EEN, vereis 'n ENKELVOUDIGE WERKWOORD!

    Die Persoonlikheid van die Ruach haKodesh (Heilige [Afgesonderde] Gees)

    Om te verstaan hoe die Vader die Seun geskep het, moet ons nou kyk na die derde lid van die Godheid, die Ruach haKodesh (Afgesonderde Gees). Baie verse bewys dat die Gees 'n PERSOON is en nie slegs 'n ONSIGBARE MAG nie, alhoewel dit ewe waar is dat die AKTIWITEIT van die Gees gereeld teenwoordig is in neutrale, geslaglose terme.

    Om te lieg vir die Ruach haKodesh (Afgesonderde Gees), is om te lieg vir God [Eloha] (Hand.5:3-4). En die wyse waarop die Derde Lid van die Godheid gekoppel is aan beide die Vader en die Seun in 1 Kor 12:4-6 en 2 Kor 13:14, sou dit lasterlik wees indien die Ruach haKodesh (Afgesonderde Gees) nie God [Eloha] is nie. Die Ruach (Gees) wys persoonlikeid, - dus "verstaan" Sy (Rom.8:27, Aramees), Sy het "wil" (Hand.13:2; 1 Kor.12:11, Aramees), en Sy kan "treur" (Efe.4:30, Aramees). Sulke terme sal totaal betekenisloos wees indien dit slegs van toepassing gemaak word op 'n onpersoonlike krag of invloed.

    Die Vroulike Geslag van die Ruach haKodesh (Afgesonderde Gees)

    Volgens beide die Trinitariese- en Binitariese modelle, is die Derde Lid van die Godheid MANLIK. Die probleem hier is dat in die Hebreeuse OU TESTAMENT die Gees altyd VROULIK (ruach) is, en in die GRIEKSE Nuwe Testament altyd NEUTER (pneuma), dus bestaan daar TEENSTRYDIGHEID.

    Wanneer dit vertaal word na Latyns (spiritus), dan word die Gees MANLIK. Die Westerse geloof, dat die Afgesonderde Gees manlik is, is afkomstig van Latyns, die Romeinse taal, en nie van Hebreeus of Grieks nie. Geen Persoon kan drie geslagte hê nie! Die probleem word uitgeskakel wanneer ons na die oorspronklike HEBREEUSE en ARAMESE teks van die Nuwe Testament kyk waarvan uit die GRIEKSE teks vertaal is. Soos een geleerde skryf:

      "Een probleem wat voorkom in die vertaling van die Nuwe Testament van Hebreeus en Aramees na Engels is diè van die geslag van die Ruach haKodesh (Afgesonderde Gees). Engels is geheel en al verskillend van Hebreeus en Aramees. Om mee te begin, het Engels drie geslagte, manlik, vroulike en onsydig [geslagsloos] (dit is hy, sy, en dit). Hebreeus en Aramees het nie 'n onsydige geslag nie. In Hebreeus en Aramees is alles òf 'n "hy", òf 'n "sy", maar niks is 'n "dit" nie. Geslag speel ook 'n baie meer prominente rol in Hebreeus en Aramees as in Engels. In Engels raak die geslag slegs 'n saak wanneer voornaamwoorde hanteer word. Maar in Hebreeus en Aramees is naamwoorde en werkwoorde ook manlik of vroulik. Omdat daar nie byvoeglike naamwoorde in Hebreeus is nie (werkwoorde word ook as byvoelike naamwoorde gebruik), moet naamwoord wysigers ooreenstem in geslag met 'n naamwoord. Die Hebreeuse woord RUACH (Aramees RUCHA) is gramaties vroulik soos in die frase Ruach haKodesh. Dit stem ooreen met die rol van die Ruach haKodesh as "trooster" (Joh 14-16) en die identifiseerder van die "trooster" met YHWH wat optree as 'n "moeder" (Jes 66:13).

      "In Engels word gereeld na die Ruach verwys as "hy" of "dit", asook in die Griekse Nuwe Testament. Dit blyk egter baie vreemd vir die Semitiese gedagtegang te wees.

      "Dit is baie duidelik dat die geslag van die RUACH in baie verse van die Aramees gewysig was om ooreen te stem met die Hellenistiese konsep van die Afgesonderde Gees as 'n "hy" of 'n "dit". Dus, die voornaamwoord wat gebruik word vir die Ruach haKodesh in Joh 14-16 in die Peshitta, is alles manlik. Maar die hand van wysiging is baie duidelik sigbaar. Byvoorbeeld, waar beide die Peshitta en die Ou Siriese "hy" het in Joh 16:8, het die Ou Siriese net 'n paar verse later in 16:13 'n "sy" terwyl die Peshitta 'n "hy" het.

      Verder is daar baie ander verse waarin die Peshitta die Ruach haKodesh beskryf met vroulike werkwoorde en/of vroulike wysigers. Mar 1:10; Joh 1:32-33; 6:63; 7:39; Hand 8:29, 39; Rom 8:9-11, 16, 26a, 26b; 1 Cor.3:16; 1 Tim.4:1; 1 Pet.1:11; 4:14 and 1 Jn.5:6. In werklikheid begin die Peshitta Aramees van Rom 8:16 met:

      "En Sy die Ruach getuig..."

      (James S. Trimm, Hebraic-Roots Version "New Testament", 2001, SANJ, Hurst, Texas, pp.xxxiii-xxxiv)

    Die Boek van Spreuke en die Ruach haKodesh (Afgesonderde Gees)

    Geleerdes en Bybelkenners glo soms verkeerdelik dat die "Wysheid" van God in die Boek van Spreuke 'n verwysing is na die Tweede Lid van die Godheid, Yah'shua (Jesus), as gevolg van die verwarring van geslag. William F. Dankenbring skryf:

      "'n Duidelike verwysing na die feit van die goddelike eenheid se meervoudigheid kan gevind word in die boek van Spreuke. Hier word die tweede lid van die Godheid bekendgemaak, as die "Wysheid" van God. Let op na die merkwaardige Skriftelike getuienis!:

        "YAHWEH het my berei as eersteling van sy weg, VOOR SY WERKE, van ouds af. Van ewigheid af is ek geformeer, VAN DIE BEGIN AF, van die VOORTYD van die aarde af. Toe daar nog geen wêreldvloede was nie, IS EK GEBORE; toe fonteine, swaar van water, nog nie daar was nie; voordat die berge ingesink het, voor die heuwels IS EK GEBORE; toe Hy die aarde en die velde en al die stoffies van die wêreld nog nie gemaak het nie. Toe Hy die hemel berei het, WAS EK DAAR; toe Hy 'n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed; toe Hy die wolke daarbo bevestig het, toe die bronne van die wêreldvloed sterk geword het; toe Hy vir die see sy grens gestel het, dat die waters sy bevel nie sou oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde vasgelê het -toe WAS EK 'N KUNSTENAAR NAAS HOM, en ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor sy aangesig altyd, en het gespeel op sy wêreldrond, en my verlustiginge was met die seuns van Adam." (Spr.8:22-31, WeG).

    Die Ou Testamentiese "Wysheid" is 'n Vroulike Persoonlikheid

    Soos Karen Vaughan uitwys:

      "Sophia, die Griekse vertaling van die Hebreeuse Hochmah, is die vroulike personifikasie van Wysheid in die Pentateug. Sy is nòg 'n godin, nòg 'n Nuwe Era skepsel van feministiese teoloë. Sy was 'n egte bybelse persoon met meer materiaal oor haar in die Ou Testament (insluitende die Apokriewe) as enige iemand anders in die Skrif, behalwe God, Job, Moses en Dawid ...

      Een rede waarom ons Sophia min oorweeg, selfs in lesings van die Ou Testament, is omdat Engelse vertalings gewoonlik die vroulike Sophia na die abstrakte "Wysheid" vertaal. Alhoewel die Griekse en Hebreeuse woorde ten volle vroulik is, is die Engels nie. Haar volste ontwikkeling is in die sogenaamde "Boeke van Wysheid" van die apokriewe in die Griekse Pentateug (sic. - behoort die Tanakh of Ou Testament te wees - ed.) wat gekanoniseer was in die Christen Bybel en word steeds deur die Rooms Katolieke- en Ortodokse kerke gebruik. Sophia domineer die eerste nege hoofstukke van Spreuke en word gevind in beide die Ou- en Nuwe Testamente.

      "In die Hebreeuse tradisie, was Sophia beskou dat sy saam met God was van die begin van die Skepping af. In Spreuke 8:27-51, sê Sophia:

        "Toe Hy die hemel berei het, was ek daar; toe Hy 'n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed; toe Hy die wolke daarbo bevestig het, toe die bronne van die wêreldvloed sterk geword het; toe Hy vir die see sy grens gestel het, dat die waters sy bevel nie sou oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde vasgelê het -toe was ek 'n kunstenaar naas Hom, en ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor sy aangesig altyd, 31 en het gespeel op sy wêreldrond, en my verlustiginge was met die seuns van Adam." (WeG).

      "Sophia, was nie 'n god in die Bybelse skepping nie, maar was 'n goddelike wese. Dit is onduidelik of sy ongeskape was soos Jesus [Yah'shua]: die woord wat gebruik word om na haar skepping te verwys, beteken ook "verkry" deur God. Spreuke 8:22 - "Yahweh het my [Sophia] berei [verkry] as eersteling van sy weg, voor sy werke, van ouds af." Ecclesiasticus 1:14 - "voor alle dinge, was Sopia geskape." Sy dien in die hartjie van die skeppingsproses as Wysheid en as Onderwyser wie deur God gestuur was om die mensdom te red. Die Boek van Wysheid praat van Haar goddelikheid (7:25-26): Sy is die asem van Sy [Yahweh se] krag en 'n stroom van suiwer glorie van die Almagtige. Dit is waarom niks besoedels haar binnedring nie. Sy is 'n volmaakte afbeelding van Yahweh se energie, en Sy is 'n afbeelding van Sy [Yahweh se] goedheid." (Review of the book Sophia in the Biblical Tradition (Harper and Row; 1986) by Susan Cady, Marian Ronan and Hal Taussig)

    Hiervan kom ons tot twee treffende gevolgtrekkings:

    • 1. Hochma/Sophia/Wysheid was GESKEP;
    • 2. Sy is GOD (ELOHIEM) in 'n ondergeskikte sin.

    Met ander woorde, Sy was geskape in 'n "begin" NET SOOS YAH'SHUA (JESUS) was. In Hebreeuse tradisie staan Hochma/Sophia/Wysheid ook as Ruach haKodesh (Afgesonderde Gees) (Spr 8:22-31) en die HEMELSE MOEDER bekend - 'n geskape wese, en was "aan God [Yahweh] se sy".

    'n Goddelike Les van die Skepping van die Mens

    Toe God die mens geskape het, het Hy eerste vir Adam geskape. Adam was eerste - en hy was alleen. En toe sê God:

      "Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom 'n hulp maak wat by hom pas" (Gen.2:18, WeG).

    Wys dit vir ons dat God [Eloha] die Vader oorspronklik besluit het dat dit nie vir Homself goed is om alleen te wees nie - en sodoende vir Hochmah / Sophia / Moeder / Afgesonderde Gees geskape het om vir "Hom 'n geskikte helper" te wees? Dit blyk baie moontlik te wees.

    Let op wat God [Elohiem] volgende doen:

      "Toe het Yahweh Elohiem 'n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak. En Yahweh Elohiem bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot 'n VROU en bring haar na die mens [en ek wed dat toe Adam haar gesien het, hy 'n bollemakiesie geslaan het!]. Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my been en vlees van my vlees. Sy sal mannin [Isha] genoem word, want sy is uit die man [Ish] geneem" (Gen.2:21-23, WeG).

    "Na Sy Soort - Beeld en Soortgelyk"

    Was die Ruach haKodesh (Afgesonderde Gees) oorspronklik "geneem vanuit" die Vader, soos Eva uit Adam geneem was, van sy rib? Het Yahweh die Ruach haKodesh (Afgesonderde Gees) soortgelyk geskape in die voortyd?

      "by Elohiem is alle dinge moontlik" (Matt.19:26, WeG). "Want geen ding sal by Elohiem onmoontlik wees nie" (Luk.1:37, WeG).

    Wat dan van die Logos/Davar/Seun? Hy word beskryf as die EersGEBORENE van die hele skepping. Omdat seuns (en dogters) uit hulle ouers gebore word, is dit nie ondenkbaar dat die enigste Seun, Yah'shua (Jesus), soortgelyk bonatuurlik verwek was deur Yahweh [God] en die Ruach haKodesh (Afgesonderde Gees) nie? En was die einste Ruach haKodesh (Afgesonderde Gees) nie die bewegende krag vir Sy daaropvolgende FISIESE, MAAGDELIKE VERWEKKING nie?

    Hierdie is radikale gedagtes, maar hulle harmoniseer wel met die hele Skrif. En asof dit nie genoeg is nie, leer die Skrif ons verder dat die Ruach haKodesh (Afgesonderde Gees) nie net Een Persoon is nie, maar SEWE (Open.5:6; 4:5; 3:1; 1:4). Is dit moontlik dat Yahweh [God] die Vader verskeie ordes van wesens geskape het deur verskillende Afgesonderde Geeste - Yah'shua (Jesus) Homself (uniek - die "enig gebore"), die engele (moontlik verskeie ordes), en die mensdom (om net 'n paar te noem)? So 'n voorstelling is glad nie TEENSTRYDIG met die Skrif nie, inteendeel HARMONISEER dit daarmee. Dit los alle skynbare paradokse op.

    Dwaallering?

    Natuurlik sal Trinatariërs dit ontken. "Onmoontlik!", sal hulle skree, "Dwaalleer!" Maar miskien is dit hulle wie die werklike ketters is, wat die Skrif, die Woord van God, ontken? Waarom sal dit onmoontlik klink dat GOD, vir wie alle dinge moontlik is, ook HOMSELF kan VERMEERDER?

    Die hele storie in Genesis hoofstuk 1 is dat God [Elohiem] die wêreld GESKAPE het, asook lewe - en dat alle lewe VERMEERDER word "NA HULLE SOORT" (Gen.1:11-12,21,24-25, WeG). Toe het God [Elohiem] die MAN geskape - maar Hy het die mensdom VERSKILLEND gemaak.

      "En Elohiem het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. 27 En Elohiem het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van Elohiem het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape" (Gen.1:26-27, WeG).

    Die Kern van GOD

    Verstaan ons dit? God [Eloha] se kern, Sy Opperste Karaktereienskap, is uiteindelik, EENHEID (echad). God is "EEN". Selfs al kan Hy Homself vermeerder, is die resultaat steeds EENHEID (echad). God die Vader, die Logos, en die Ruach haKodesh / Moeder / Afgesonderde Gees werk saam as EEN. Hulle is binne mekaar, dink dieselfde, en is in gehele harmonie en samewerking met mekaar.

    Netso het God [Eloha] ons geroep om EEN MET HOM te wees. Hy begeer dat ons Sy EENHEID (echad) met Hom deel. Hy is soos 'n PERFEKTE GESIN, met totale LIEFDE as die opperste karaktereienskap, in TOTALE EENHEID en HARMONIE uitgedruk.

    Toe God Eva vir Adam geskape het, het Hy gesê:

      "Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou AANKLEEF. En hulle sal EEN (echad) VLEES wees" (Gen.2:24, WeG).

    Onthou, die Hebreeuse woord echad beteken 'n "eenheid", of 'n "samehorigheid". Twee individuele, twee gedeeltes, het geïntegreer, harmonieus GEHEEL EEN. God [Eloha] is in die proses om ons almal te skep, wie aan Hom toegee en Hom gehoorsaam, in die Messias (Christus) vertrou, en Sy wette onderhou - EEN [echad] - EENHEID MET HOM!

    Soos Paulus skryf:

      "Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van wie ELKE GESLAG in die hemel en op die aarde SY NAAM ontvang" (Efe.3:14-15, WeG) <

    - dit wil sê, die Familie genaamd "GOD" [Elohiem]!

    "Daar Is Niemand Soos Ek"

    God [Elohiem] sê - dit wil sê, die Vader, die Logos [Yah'shua], en die Gees [Ruach], praat en werk saam AS EEN (echad), as 'n EENHEID:

      "voor My is geen magtige God [El] geformeer nie, en na My sal daar geeneen wees nie. Ek, Ek is Yahweh, en daar is geen Verlosser buiten My nie" (Jes.43:10, WeG).

    God [Elohiem] sê verder:

      "So sê Yahweh, die Koning van Yiesraél en sy Losser, Yahweh van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen Elohiem nie" (Jes.44:6, WeG).

      "Is daar 'n Eloha buiten My? Ja, daar is geen rotssteen (tsur) nie; Ek ken geeneen nie" (Jes.44:8, WeG).

    Weerspreek hierdie Skrifte enige iets wat ek sovêr gesê het? Weer lees ons:

      "... En buiten My is daar geen ander nie: 'n regverdige en reddende [Mashiach] El is daar buiten My nie. Wend julle tot My en laat julle red, alle eindes van die aarde! Want Ek is El, en daar is geen ander nie." (Jes 45:21-22, WeG).

    Beteken dit dat God NIE "toevoeg" tot SY Familie nie?

      "Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek El is, en daar is geen ander nie; Ek is Elohiem, en daar is niemand soos Ek nie" (Jes.46:9, WeG).

    Wat van hierdie verse? Negeer hulle alles wat ons tot dusvêr bespreek het? "Bewys" hulle op 'n manier dat die Drie Eenheid doktrine korrek is? Of die Binêre (Tweevoudige) God doktrine? Verklaar hierdie verse kategories dat God Een Persoon is met Drie Persoonlikhede? Sou dit nie van Hom 'n Skisoide God met 'n Gesplete Persoonlikheid gemaak het nie, verteenwoordigend van die fliek "The Three Faces of Eve"?

    Laat ons regverdig en eerlik wees. Hierdie verse verklaar net die voor-die-hand-liggende - dat die VADER, OPPERSTE GOD [El/Eloha] is - en daar geen ander "God" behalwe Hy is, wie bestaan, of wat homself in bestaan gebring het, of wie kan vergelyk of meeding met God die Vader nie! Maar die Vader het verkies om HOMSELF te VERMEERDER in die LOGOS deur die RUACH; so nou het die Drie (of Nege) van hulle, Drie (Nege) Goddelike Wesens, genoem Elohiem in Genesis, wat letterlik vertaal word as die "MAGTIGES", wat saamwerk as EEN WIL, EEN VERSTAND, vorm die EEN GOD WIE, AS ELOHIEM, die hemele en aarde geskape het (Genesis 1:1). Daarom, in hierdie geval, neem die Meervoudige vorm Elohiem die enkelvoudige werkwoord aan, bara - want God is 'n EENHEID, echad!

    Daarom was daar geen God gevormeer voor God die Vader (Jes 44:10) nie, ook nie apart van Hom nie, ook sal geen "Goddelike wese" bestaan behalwe vir Hom of na Hom gevormeer word nie. Maar deur dit te sê aanvaar God Homself en Sy eie Goddelike Familie Plan! Hy kan doen soos Hy verkies! Geen "Goddelike" wese sal ooit gevormeer word behalwe deur Sy eie plan, energie en aktiwiteit nie!

    Wanneer God die Vader Homself vermeerder en meer lede van die Goddelike Familie maak, gaan hulle almal in SY EENHEID in. Hulle word DEEL VAN HOM - PERFEKTE EENHEID MET HOM EN CHRISTUS, soos hulle EEN is! Soos Yah'shua (Jesus) gebid het, "dat almal EEN mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle OOK in ONS EEN mag wees" (Joh.17:21), "sodat hulle een kan wees, NET SOOS ONS EEN IS" (vers 22), "Ek in hulle en U in My, sodat hulle VOLKOME EEN kan wees" (vers 23). Let op! Hy het gesê - "VOLKOME EEN"!

    En wat het Yah'shua (Jesus) van ons verwag:

      "Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemel volmaak is" (Matt.5:48, WeG).

    Daarom, wanneer dit gebeur, word ons letterlik DEEL VAN GOD! Daarom word ons deel van die Een, die Opperste Kern en Persoonlikheid, wie sê van Homself, en ons as Sy KINDERS INSLUIT, as deel van Homself wanneer Hy sê:

      "... dat dit Ek is - voor My is geen magtige geformeer nie, en na My sal daar geeneen wees nie. Ek, Ek is Yahweh ..." (Jes.43:10-11, WeG).

    Wanneer God en Christus sê:

      "Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen Elohiem nie" (Jes.44:6; vergelyk Open.1:8,11,18; 3:14; 21:6; 22:13);

    die verwysings is vir BEIDE van hulle as 'n EENHEID, as EEN. Maar in Jesaja 41:4 sê God:

      "Ek, Yahweh, die Eerste, en BY die laaste is Ek dieselfde".

    Let op! Hy sê Hy is hier "BY die laaste"! Dui dit nie daarop dat deur die loop van tyd Hy Sy eie familie en die Godheid sal UITBREI nie? Op hierdie wyse, sal die SKEPPING VIR EWIG DUUR!

    Verstaan jy? Daar is geen beperking by God nie! En soos Hy SY EENHEID vermeerder en ontwikkel dwarsdeur SY Goddelike FAMILIE, sal die hele SKEPPING groei, oplewe, vermeerder, in glorie, en majesteit, en skoonheid, en liefde, en hoogte, en diepte, en breedte, en lengte, en IN ALLE DIMENSIES, bekend en onbekend!

    Daar is GEEN BEPERKING in God nie. Hy kan, soos Hy verkies, aanhou om TOE TE NEEM en UIT TE BREI en Sy Koninkryk te vermeerder, VIR EWIG, byvoeg tot die SKEPPING!

    Buiten Hom en Sy nageslag, behalwe Sy EENHEID - is daar geen ander God nie, nie een nie! Hy sê, "Is daar 'n Eloha buiten My [en by insluiting, "behalwe my familie]? Ja, daar is geen rotssteen [behalwe ek en my Eenheid] nie; Ek ken geeneen nie" (Jes.44:8, WeG).

    Yahweh se Engele en Regters is Ook Elohim

    Is dit nie ook "toevallig" dat diegene vir wie Yahweh as Sy regeerders in Israel geplaas het - die Regters - ook elohiem genoem word nie? (Eks.21:6; 22:8-9). En is dit nie ook verder interessant dat Yah'shua (Jesus) die moeite gedoen het om dieselfde ding uit te wys aan diegene wie Hom van godslaterlikheid beskuldig het toe Hy Homself vergelyk het met Goddelikheid, deur Sy teenstanders op 'n soortgelyke vers in die Skrif, in die Davidiese Psalms, te herinner nie? (Ps.82:6 vergelyk ook Joh.10:34). En is die dit nie nog meer interessant dat Yahweh SY ENGELE ook elohiem noem nie? (Ps.8:5). Is dit nie aanduidend van 'n enkele goddelike familie - van 'n ENKEL ELOHIEM nie?

    Die Ware "Nimmer-Eindigende Storie"

    God is nie soos die heidene, die Grieke, en die Trinitariërs nie. Hy is nie 'n monolitiese, rigiede, eteriese gees nie. Hy is LEWEND! En een van die sleutel karaktereienskappe van ALLE LEWENDE WESENS is dat hulle GROEI, en hulle vermeerder!

    Die grootste wet van biologie wat bekend staan as die groot Wet van Biogenese verklaar eenvoudig dat "LEWE VERMEERDER LEWE" - of dat dit LEWE benodig om LEWE voort te bring! Lewende dinge kannie vermeerder van dooie of lewelose voorwerpe nie! Slegs LEWE produseer LEWE! Hierdie waarheid is deur-en-deur bewys in die proefbuise van die wetenskap en in wetenskap laboratoriums. Die Tweede Wet van Biogenese verklaar dat "lewende dinge slegs vermeerder na hulle eie soort."

    God is LEWE! Dit is een van Sy opperste karaktereienskappe! Daarom vermeerder Hy lewe, en Hy vermeerder hulle na HULLE EIE SOORT, na Sy beeld en gelykenis!

    Die Nimmer-Eindigende Storie van Yahweh-Elohiem

    Die Drie-Eenheid doktrine beperk God. Dit misgun Hom die vermoë en geleentheid om HOMSELF te VERMEERDER, soos alle lewende dinge op die planeet doen! Dit misgun Sy Plan, bekend gemaak in die Skrif! Dit beperk Hom tot soort van 'n "Drie-in-Een" Driehoek, wie niemand kan verstaan of begryp nie! Dit gaan alle logika, verstand en ondervinding te bowe!

    Geen menselike korporasie, met drie "Presidente [Direkteure]", sal iets bereik nie. Waar sal die Verenigde State van Amerika homself bevind as hy DRIE "Presidente" het in plaas van een? Verwarring! Chaos! Die hele affêre gaan alle verstand te bowe!

    God is NIE en was ook nooit 'n "Drie-Eenheid" nie - ook is Hy nooit van plan om Homself te beperk tot 'n "Drie-Eenheid" nie! Hy is eerder die OPPERSTE WESE wie besig is om Skepping te bou, en deel van daardie Skepping is die vermeerdering van Wesens soos Hyself, wie deur Christus gered is, met dieselfde karakter, nederigheid, liefde, en EENHEID van verstand en doel, wie saam met Hom sal heers - as Sy onderdane - oor 'n HEELAL wat ewig groei en uitbrei - DIE KONINKRYK VAN GOD!

    Die Ongelooflike Avontuur

    Jesaja skryf oor die Plan van God:

      "Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke El, Ewige Vader, Vredevors - TOT VERMEERDERING VAN DIE HEERSKAPPY EN TOT VREDE SONDER EINDE, op die troon van Dawied en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van Yahweh van die leërskare sal dit doen" (Jes.9:6-7, WeG).

    Snap jy dit? "GEEN EINDE" aan die VERMEERDERING van Sy outoriteit, Sy Koninkryk, Sy Vrede en Voorspoed - GEEN EINDE AAN DIE GROEI, UITBREIDING, EN VERMENIGVULDIGING nie! Die Hebreeuse woord vir "vermeerder" hier is marbiyth en beteken letterlik "'n menigte, nageslag, rente op kapitaal, grootheid, vermeerder" (Strong's, #4768). Gesenius se Hebrew-Chaldee Lexicon definieer dit as "menigte, grootte, baie groot gedeelte, nageslag, rente, woeker" en is verwant aan die basis van die Griekse / Latynse / Engelse woord vir "fetus", "vrugbaar", "vrugbaarheid". Met ander woorde, GOD SE FAMILIE SAL AANHOU UITBREI, GROEI, VERMEERDER, VERMENIGVULDIG SOOS DIE KONINKRYK VAN GOD UITBREI EN GROEI! Die Hebreeuse woord vir "einde" in hierdie vers is kates en beteken "uiterste, grens, einde, eindig" (Strong's, #7093). Gekoppel aan die woord "geen", beteken hierdie uitdrukking daar sal GEEN GRENS, GEEN EINDE OF BEËINDIGING, GEEN BEPERKING OF EINDE aan God se Familie wees nie - dit sal ONEINDIG wees, en sal tot ONEINDIGHEID groei!!

    Kan my en jou swak vertand so 'n ontsagwekkende, ongelooflike, wonderlike ding beryp? En dink net daaraan! Ons is geroep en uitverkies deur God om 'n wonderlike, integrale deel daarvan te wees!

    Vertaal deur François van Staden

    Hierdie bladsy is geskep op 22/04/2017
    Laaste opgedateer op 24/04/2017


    Copyright © 1987-2017
    Nuwe Verbond Gemeente van Yahweh
    Alle regte voorbehou