New Covenant Assemblies of Yahweh, Nuwe Verbond Gemeente van Yahweh - Logo Copyright © 1987-2017 NCAY - All Rights Reserved
Return to Main Page

HULPBRONNE

Algemeen

Vrywaring

Inleiding

Simfonie van Waarheid

Plan van Verlossing

Algemene inligting

In 'n neutedop

Weeshuise

CD-Rom

Kopiereg

Skenkings

Kalender

Kontak

Gemeentes

Publikasies



    3
    Die Boom van
    die Nuwe Verbond

    Yah'shua (Jesus) het gesê:

      "Soos wat is die Koninkryk van Yahweh (God) en waarmee sal Ek dit vergelyk? Dit is soos 'n mosterdsaad wat 'n man gevat en in sy tuin geplant het en dit het gegroei en 'n groot boom geword en die voëls van die hemel het nes gemaak in sy takke" (Luk.13:18-19 PWL - Die Pad van Waarheid tot die Lewe).

      "Let op, die byl is ook alreeds teen die wortel van die bome neergelê, gereed om te kap; elke boom wat daarom nie goeie vrugte dra nie, word afgekap en val in die vuur!" (Matt.3:10, PWL).

    Die Koninkryk van Yahweh (God) is nie 'n gewone boom nie. Wanneer weerlig uit die hemel slaan en 'n boom tref, word dit gewoonlik uitgebrand. Maar nie die bos wat Moses gesien het wat brand, maar nie uitgebrand het nie, en ook nie die Boom van die Nuwe Verbond wat Yahweh (God) se eie is nie. Dis maar 'n aardse skaduwee van hierdie boom wat die Boom van die Lewe genoem word in die hemel.

    Wanneer die weerlig dit tref, word dit egter versterk en krag gegee. Dit groei en groei totdat al die voëls van die hemel in vrede in sy takke kan gaan sit.

    Alles wat in die hemel is het sy eie skaduwee op die aarde. Orals is daar vals bome (kerke) wat besig is om afgekap te word en hulle takke (valse Christene) word in die vuur gegooi.

    Is u kerk gereed om geoordeel te word deur die Allerhoogste God - El Elyon, Yahweh-Elohim? Bring dit die Bybelse vrugte voort van 'n afgesonderde en heilige volk? Leer dit ons die leringe wat Yah'shua (Jesus) ons geleer het - die leringe van Sy Hemelse Vader, Yahweh-Elohim?

    Elke boom sal getref word en die wat vals is sal uitgebrand word. Net die ware bome - die ware gemeentes sal oorleef, en sal saam bymekaar kom in een magtige boom - die Gemeente van die Nuwe Verbond Gemeente van Yahweh.

    Mag Yahweh ons Elohim (God) u rig en lei in alle waarheid na Sy Universele Gemeente.

      "Hy wat ore het, luister wat die Gees vir die gemeentes sê: "Aan die wat die oorwinning behaal, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe, wat in Yahweh (God) se paradys is. Hy het vir my 'n skoon rivier van die water van die lewe gewys, helder soos kristal, wat uitstroom vanuit die troon van Yahweh (God) en van die Lam. In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe, wat twaalf vrugte voortbring en elke maand sy vrugte gee en sy blare vir die genesing van die volke……. geseënd is dié wat Sy opdragte gehoorsaam, want hulle sal outoriteit hê om te gaan na die boom van die lewe en sal ingaan deur die poorte in die stad in" (Openbaring 2:7, 22:1-2,14 PWL).

    Vertaal deur François van Staden

    Hierdie bladsy is geskep op 14/04/2001
    Laaste opgedateer op 09/02/2015


    Copyright © 1987-2017
    Nuwe Verbond Gemeente van Yahweh
    Alle regte voorbehou