New Covenant Assemblies of Yahweh, Nuwe Verbond Gemeente van Yahweh - Logo Copyright © 1987-2017 NCAY - All Rights Reserved
Return to Main Page

HULPBRONNE

Algemeen

Vrywaring

Inleiding

Simfonie van Waarheid

Plan van Verlossing

Algemene inligting

In 'n neutedop

Weeshuise

CD-Rom

Kopiereg

Skenkings

Kalender

Kontak

Gemeentes

Publikasies



    12
    Ontmoet vir Stout Piet

    Daar het 'n soort van 'n "strooiman" filosofie ontstaan tussen diegene, wat vir een of ander rede, wet gehoorsames sien asof hulle probeer om redding te vind deur hulle werke. Enige een wat sê dat hy Yahweh se wette en gebooie onderhou, word gesien as 'n 'werkheilige' (legalist)!

    By nader ondersoek word hierdie kritici ontbloot as wetsverbrekers.

    Oorweeg die volgende scenario:

    Piet is 'n wetstoepasser. Hy sterf en in die Oordeel sê Yahweh vir Piet:

      "Piet, jy is 'n baie stout Piet. Jy het my Heilige Wet onderhou - die een wat ek vir Abraham gegee het, en weer vir Moses op die Berg….. Jy het die wet onderhou wat al My heilige manne deur die eeue onderhou het… Jou stoute man! Jy het ook My waarhede onderhou wat Koning Dawid en al die profete onderhou het. En om hierdie rede, gaan ek jou nou hel toe stuur sodat jy die waarheid kan leer dat My wette nie onderhou moet word nie - maar om dit te verbreek! Wie dink jy is jy Piet? Wat het jou besiel om My Wette en Gebooie te onderhou? Weg met jou, jy wie nie gesteel het nie, wie nie gelieg het nie, wie nie egbreuk gepleeg het nie, wie nie gemoor het nie, wie nie begeer het nie, wie nie sy naaste se landmerk gekuif het nie, wie die put toegemaak het wat hy gegrawe het, wie sy naaste liefgehad het soos homself, wie al sy skuld betaal het, wie sowaar alles in My Wet reg gedoen het… Hel toe met jou, jou gehoorsame skurk!!!"

    En aan Jan, wie nie God se Wette onderhou het nie, sal ons realisties gesproke hierdie scenario kan oorweeg?

      "Aa, Jan, my liewe wetsverbreker, jou geloof het jou gered. Jy het byna elke reël verbreek wat ek jou gegee het, my geliefde Jan. Die klank van die verbreking van die wet is musiek vir my ore. O, grote wetsverbreker, kom op na die Hemel om by My te wees! O, Jan, hoeveel meer geloof het jy as daai arme Piet. Hy het probeer om My sy geloof te wys deur sy werke - maar jy, My getroue Jannie Pannie, jy het My jou geloof gewys deur My hele wet van geregtigheid te verbreek. Kom in die heerlikheid van jou Meester…"

    Natuurlik is beide scenarios hierbo belaglik, maar dit dien as bewys van hoe ongegrond die argument is dat dit 'n slegte ding is om God se wet te onderhou.

    Die rede is baie eenvoudig. Net soos die volgende 100 jaar beïnvloed gaan word deur diegene wat ongoddelike feminisme in die vorige 100 jaar bevorder het, so ook spook die prediking van die vals profete van die verlede vandag by ons. Daar is 'n plan wat besig is om uitgewerk te word hieronder, wat ontwerp is om diegene wat weier om Yahweh se heilige weë te verlaat, te skei van diegene wat mislei is deur "kleinhandel Christenskap".

    Wat dink jy is die Wettelose Een besig om te leer?

    Toe, vat 'n raai… Moenie skaam wees nie….

    Goed, ek sal jou 'n leidraad gee. Dit begin met… W-E-T-T-E-L-O-O…

    Dis korrek! WETTELOOSHEID!

    Miskien moet ek nie so snaaks wees nie, maar ek het deur die jare so hard probeer om soekers na die waarheid teen hierdie feit te waarsku, met beperkte sukses. Ek het gedink ek sal hierdie groot misleiding probeer uitspel op die duidelikste moontlike manier.

    Ek het nog nooit iemand ontmoet wat probeer het om "hemel toe te gaan deur hulle werke" nie. Maar, ek het baie ontmoet wat daar probeer kom daarsonder. As die perfekte liefde van ons Skepper in die hart van die gelowige is, dan kom die wet en geloof ongetwyfeld saam bymekaar.

    Die voorhandliggende moet hier gevra word op hierdie tydstip. Soek Yahweh steeds Heilige Mense of nie? As Hy nie is nie - dan is ons geloof tevergeefs - daar is geen hoop nie omdat Yahweh alreeds Sy mense ontvang het.

    Aan die ander kant, indien Yahweh steeds Sy mense soek, dan sal die kriteria sekerlik dieselfde bly waarmee Hy hulle sal kies.

    Beteken dit dat Piet veilig is? Wel, ja, as Piet Yahweh se weë nederig onderhou, met die regte houding, wandel soos Christus gewandel het, sy naaste liefhet, en vinnig is om 'n hand van waarheid uit te reik na die een wat daarvoor soek.

    Die werklike stoute mense is diegene, wetende dat Yahweh se wet heilig, regverdig en goed is, dit nie getrou onderhou nie, maar sondig - wat dieselfde wet oortree waarmee hulle geoordeel gaan word.

    Vertaal deur François van Staden

    Hierdie bladsy is geskep op 20/05/2017
    Laaste opgedateer op 20/05/2017


    Copyright © 1987-2017
    Nuwe Verbond Gemeente van Yahweh
    Alle regte voorbehou