New Covenant Assemblies of Yahweh, Nuwe Verbond Gemeente van Yahweh - Logo Copyright © 1987-2017 NCAY - All Rights Reserved
Return to Main Page

HULPBRONNE

Algemeen

Vrywaring

Inleiding

Simfonie van Waarheid

Plan van Verlossing

Algemene inligting

In 'n neutedop

Weeshuise

CD-Rom

Kopiereg

Skenkings

Kalender

Kontak

Gemeentes

Publikasies



    8
    Aksie Stasies!

      "Nasies kom na jou lig toe. Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring. Daar is donkerte oor die aarde, duisternis oor die nasies, maar oor jou gee die Here lig, oor jou verskyn sy magtige teenwoordigheid. Nasies kom na jou lig toe en konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het" (Jesaja 60:1-3, 1983 vertaling, Verklarende Bybel).

    Is jy een van daardie mense wat verlang na gemeenskap met met dieselfde soort krag en getuienis as die eerste apostoliese Nuwe Testament gemeenskap? Soek jy vir 'n einde van die verdeeltheid van die Christendom en vir 'n geestelike gemeenskap wat die Bybelse raad die hele pad volg; gewillig om foute te bely en aan te beweeg wanneer jul ontdek dat jul lering tekort gekom het. Verlang jy na die Verlosser, Yah'shua die Messias (Jesus Christus), om openbaar te word in jou lewe op 'n nuwe en dinamiese wyse? Is jy moeg vir al die goddelose onheiligheid rondom jou, van die tekortkominge van die voortreflikheid van die kerke en die messiaanse sinagoges wat met die wêreld kompromieë aangegaan het, en daarom gestagneer het in hul tradisies. Wil jy graag vir Elohim die (God) van Israel, Homself sien manifesteer op so 'n wyse dat alle ongeloof kan verdwyn oor waar jy werklik moet wees en wat jy behoort te doen? En, wanneer jy eenmaal hierdie dinge ontdek het, sal jy bereid wees om jouself 100 persent prys te gee vir die Koning en Sy Koninkryk, maak nie saak wat die koste daaraan verbonde is, of die persoonlike opoffering wat dit sal verys nie. As dít die vurige begeerte van jou hart is, dat het ons 'n spesiale boodskap vir jou.

    Die Nuwe Verbonds-Genote van Yahweh NVGY (NCAY) was in die lewe geroep in 1987 om onverskrokke, weergebore, Ruach- (Gees-)vervulde talmidim (dissipels) van die Meester Yah'shua die Messias (Jesus Christus) bymekaar te maak vir evangelisasie, gemeenskap, en lofprysing. Vir 'n aantal jare is daar stilweg voorbereiding gedoen vir dié werk, verborge van die wêreld en van die Christen/Messiaanse gemeenskappe in die algemeen. In 1997 het ons openbaring ontvang om hierdie internet bediening te begin en sodoende die werk meer wyd bekend te maak. By die mid-1999, het NVGY (NCAY) deur openbaring die komplete organisasie van die Eindtyd Oorblyfsel van die Messiaanse Gemeenskap (Kerk) ontvang, met al die essensiële geloofsleer van die Messiaanse Gemeenskap in plek. Alles was in plek, behalwe EEN DING - die volle apostoliese krag van die Nuwe Testament Messiaanse Kehilah (Gemeente).

    Vir jare het ons gewag vir die geestelike salwing. Ons het rondgekyk na die kerke en gesien waarop die verskillende bedieninge aanspraak gemaak het. Orals het ons nagemaakte (Counterfeit) geestelike gawes gevind. Sommige kere ware gawes, ander kere groot krag, maar slegs sporadies. Ons kon sien Yah'shua (Jesus) is hier aan die werk, maar nêrens kon ons die soort Gees vind wat siektes genees en in elke situasie ware emunah (geloof) konsekwent manifesteer het nie. Ons het 'n geleentheidsprofetiese gees aan die werk gesien, maar die meeste van die tyd was diegene wat beweer het om die nevi'im (profete) te wees, bewys dat hul alles behalwe werklike profete was. Dít het vae afgewaterde openbarings voortgebring wat selde die voorhangsel penetreer het, soos die groot Bybelse nevi'im (profete) dit gedoen het. Ons het ook BAIE valse profete in groot hoeveelhede ontdek. Per geleentheid het ons die apostoliese gees gesien en bespeur dat daar mans en vrouens gewag het om opgeroep te word in die apostoliese bediening, hul het egter die gawes en krag van die oorspronklike apostels kortgekom. Ons het ook menige valse apostels gesien wat vals leerstellings onderrig, beoefen en boonop ander geleer het om hulle na te boots.

    Ten tye hiervan het ons verstaan waarom hulle nie ontvang waarna hulle en soveel ander Christene en Messiane, reikhalsend na gesmag het nie. Ons het gesien waarom groot en belowende herlewings misluk het, ten spyte van vroeëre belowende verwagtings. Die antwoord was maklik: die gemeenskappe was nie behoorlik georganiseer nie - die apostoliese en profetiese kanaal was nie in plek om die herlewing te ondersteun nie of om dit toe te laat om te groei en nog meer te groei nie. Ons het gesien en verstaan dat die vals leerstellinge en praktyke, taamlik verwyder van die groot vyand genaamd menslike natuur, die vuur van die Ruach (Gees) telkemale geblus het. Tradisie en onwilligheid om gehoorsaam te wees aan al die bybelse openbaringe - met ander woorde, gemeentes wat onwillig is om te bely dat hul in 'n vervalle staat is - asook die onvoldoende maak van dissipels om die oorspronklike werk van die Ruach haQodesh (Heilige Gees) te handhaaf - dít het Yahweh (die Here) verhoed om nie slegs 'n ware Nuwe Verbond Shavu'ot of Pinkster Ruach (Gees) uit te stort op die Gemeenskap (Kerk) nie, maar die groot finale Sukkot Salwing ook.

    Daar was 'n ander rede. Dit was nié die regte tyd nie. Deurdat die laaste groot herlewing gereserveer is, vir die finale oeswerk van siele voordat die Groot Verdrukking en die Tweede Koms. Dit is teruggehou vir die deel in die geskiedenis wat deur Yah'shua (Jesus) beloof is vir die groot skeiding van die koring van die onkruid - die skape van die bokke - die ware Christen/ Messiane van die valses, die EindtydOorblyfsel van die 'naamchristene' en vals gelowiges. En wanneer hierdie verdeling plaasvind, is dit VIR ALTYD, dié twee sal nóóit weer meng nie - deurdat hierdie die tyd is dat die Chavurat Bekorot of die Gemeenskap van die Eersgeborenes geskei word van die Hoer Kerk van Babylon.

    Wat op die punt is om te gebeur, is onvergelykbaar met enigiets wat al voorheen plaasgevind het in die geskiedenis van die Christendom. Die kanker van Satan is op die punt om chirurgies verwyder te word uit die Liggaam van die Messias. Dit sal pynlik wees. Dit sal vervolging provokeer. 'n Onaangename affêre. Boonop kom dit gedurende 'n tyd van Groot Oordeel. Dit is egter absoluut noodsaaklik. Dit moet gedoen word. Dit sal nié deur die krag van mense gedoen word nie - slim preke sal dit nie volvoer nie - maar slegs die die onmiskenbare en onbetwisbare KRAG VAN YAHWEH-ELOHIM. Dit sal haat, gramskap, intense jaloesie, misinterpretasie, lasterpraatjies en bloedige opposisie provokeer deurdat die krag van die duiwel nie in staat sal wees om dit te stop nie. In der waarheid, sal dit die doodsknal vir Satan en sy legioene van gevalle malakim (engele) wees. Satan sal teen die muur gedryf wees en hy sal veg met elke laaste hulpmiddel wat tot sy beskikking is, omdat hy wéét dat sy einde aangebreek het. Slegs dié wat hul ten volle aan die Meester onderwerp het, sal hom oorkom. Slegs dié wat gehoorsaam is aan die mitzvot (gebooie) en ten volle die Messias vertrou, sal uit hierdie eindtyd geestelike vuur kom as oorwinnaars om glorieryk te regeer saam met Yahweh-Elohim op die Sionsberg.

    Hierdie gemeenskap - die Nuwe Verbonds Genote van Yahweh - bestaan slegs om die eindtydinsamelaar te wees, 'n huis vir die bymkekaargemaakte koring/skape van die Messias, en 'n plek van toevlug vir die EindtydOorblyfsel gedurende die Groot Verdrukking. Dit is nie 'n nuwe denominasie nie. Dit is nie net 'n geestelike entiteit nie, maar 'n teokratiese koninkryk met 'n fisieke gesig. Elkeen van die kerke, Messianse Sinagoges, denominasies en bedienings gaan binnekort geskud word en almal sal verdwyn gedurende die Groot Verdrukking, om absorbeer te word in die Groot Hoer en vernietig word nadat die uitverkorenes ge-oes en bymekaargemaak is.

    Die dag van die begin van die groot oes is prakties op ons - dit kan nou enige dag begin. Intussentyd, is dit tyd om die pioniers te vergader - toegewyde talmidim (dissipels) wie energiek in die wêreld sal ingaan om die uitverkorenes te vergader die oomblik as die begaafdheid en salwing plaasgevind het.

    Ons is aan die vooraand van 'n wêreldkatastrofe waarvoor die Westerse wêreld in die besonder onvoorbereid is. Meeste kerke en messiaanse sinagoges het perfekte vervalsings geword van die oorspronklike, hul is hewiglik geïnfiltreer deur liberale en Nuwe Wêreldse (New Age) leerstellinge en praktyke. Hulle word ryp in boosheid en word gulsig ingesluk in die binnekant van die antichrissisteem.

    Indien jy gewag het vir Yahweh om 'n nuwe werk op te rig om die getroues te vergader, hierdié mag juis dit wees waarvoor jy geroep is. Indien wel, dan nooi ons jou om te kom en fees te vier op hierdie webtuiste, en jouself aan te meld vir diens.

    Ons is op die punt om nette in die diep waters te werp. Kom verenig met ons in een van die mees opwindendste vangste ooit!

    Vertaal deur Annemarie Nolte

    Hierdie bladsy is geskep op 22/03/2017
    Laaste opgedateer op 22/03/2017


    Copyright © 1987-2017
    Nuwe Verbond Gemeente van Yahweh
    Alle regte voorbehou