New Covenant Assemblies of Yahweh, Nuwe Verbond Gemeente van Yahweh - Logo Copyright © 1987-2017 NCAY - All Rights Reserved
Return to Main Page

HULPBRONNE

Algemeen

Vrywaring

Inleiding

Simfonie van Waarheid

Plan van Verlossing

Algemene inligting

In 'n neutedop

Weeshuise

CD-Rom

Kopiereg

Skenkings

Kalender

Kontak

Gemeentes

Publikasies



    11
    Algemene Besware
    Om Nie Die Tien Gebooie
    Te Gehoorsaam Nie

    1. "Yah'shua (Jesus) het die wet vervul, daardeur met dit weg gedoen, so ons hoef ons nie langer daaroor te bekommer nie."

    Antwoord: Yah'shua het geweet dat daar diesulkes gaan wees wat so gaan dink, daarom dat Yah'shua sê, "Moenie dink dat Ek gekom het om die Torah of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul" (Matt.5:17, WeG). Wanneer jy 'n voorspelling vervul, soos wat Yah'shua gedoen het om te sterf aan die kruis (Matt.26:56, Luk.24:44), dan is die voorspelling nie langer nodig nie. Yah'shua het die offer voorspelling vervul wat na Sy toekomstige dood gewys het. Toe Hy gesterf het, was hulle nie langer nodig nie. Hierdie voorspellings was 'n deel van die seremoniële wet van die ou verbond Afgesonderde (Heilige) (Heb.9:9-14). Maar wanneer jy 'n morele wet vervul, soos "Jy mag nie doodslaan nie", het dit niks te doen met die afskaffing van die wet nie (Luk.16:17). Wanneer jy die huweliksbelofte vervul, word die huwelik afgeskaf? Wanneer jy jou gade totale vervulling gee, word daar met jou gade weggedoen? In plaas daarvan dat die wet afgeskaf was, het Yah'shua dit verhoog (Jes.42:21) as die perfekte gids om reg te leef. Christene moet ook die wet vervul (Rom.8:2-4, Kol.1:25). Indien Yah'shua die wet sou afgeskaf het, waarom word ons geroep om te belei en om die wet te gehoorsaam?

    2. "Sê die Bybel dat die Wet foutief was (Heb 8:7), en dat die ou verbond verdwyn het (Heb 8:13)?"

    Antwoord: Nee (Rom.7:12). Het enige iemand 'n fout gekry in Yahweh se handskrif? Die Bybel sê dat die mense foutief was, en dat Yahweh hulle "berispe" het (Heb.8:8). Die Bybel sê dat die wet "swak was deur die vlees" (Rom.8:3, KJV). Die wet is volmaak (Ps.19:7), maar die mense is verkeerd of swak. So Yahweh sou Sy Seun laat leef het tussen Sy mense "sodat die geregtigheid van die wet deur ons vervul mag word" (Rom.8:4,10, KJV) deur die inwoning van Christus. Kan iets "verdwyn" (Heb.8:13) en weer "vestig" (Rom.3:31) tergelykertyd?

    3. "Al wat jy moet doen is om Yah'shua (Jesus) se wet te gehoorsaam, nie God s'n nie."

    Antwoord: Die Bybel sê daar is slegs "Een wetgewer" (Jak.4:12), nie twee nie. Die HERE is ons wetgewer (Jes.33:22, KJV). Yah'shua het gesê Sy Wet en God se Wet is dieselfde Wet (Joh.7:16; 10:30; 14:10; 15:10). Dit is elke Christen se plig om beide die "gebooie van Yahweh" en die "getuienis van Yah'shua haMashiach" te gehoorsaam (Open.12:17; 14:12; 22:14).

    4. "Was die Tien Gebooie nie verander nie?"

    Antwoord: Yahweh het gesê "Ek sal my verbond nie ontwy nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie" (Ps.89:34). Was die Tien Gebooie deur God se lippe uitgespreek? Ja! (Eks.19:19; 20:1, Deut 4:10,12; 5:22-26; 18:16, Neh.9:13). En hierdie selfde verbond, "…sal vir ewig wees" en sal "getuie in die hemel" wees (Ps.89:37). Psalm 111:7-8 bevestig dat God se Gebooie "Vasgestel is hulle vir altyd, vir ewig", en Openbaring 11:19 verifïeer dat hierdie selfde verbond in die hemel is. Yah'shua het gesê, "Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van Yahweh uitgaan" (Matt.4:4, WeG). Die Tien Gebooie het deur Yahweh se mond uitgegaan, en Christene moet dit onderhou.

    5. "Romeine 13:10 sê 'Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die Torah.' Matt.22:37-40 gee ons opdrag om Yahweh en ons naaste lief te hê, en eindig met die woorde, 'Aan hierdie twee gebooie hang die hele Torah en die profete.' Vervang hierdie opdragte die Tien Gebooie?"

    Antwoord: Nee, die Tien Gebooie hang van hierdie twee gebooie af soos ons 10 vingers van ons hande afhang. Hulle is onafskeidbaar. Liefde vir Yahweh maak dat die eerste vier gebooie (wat te doen het met Yahweh) 'n plesier is, en liefde teenoor ons naaste maak die laaste ses (wat ons naaste betref) 'n plesier. Liefde vervul die wet omdat dit die harde werk wegneem, en 'n vreugde om die wet te onderhou (Ps.40:8). Wanneer ons werklik lief is vir 'n persoon, om hom of haar se versoeke te eer, raak dit dan 'n vreugde. Yah'shua het gesê, "As julle My liefhet, bewaar my gebooie" (Joh.14:15, WeG). Dit is onmontlik om die HERE lief te hê sonder om Sy gebooie te onderhou, want die Bybel sê, "Hieraan weet ons dat ons die kinders van Elohiem liefhet: wanneer ons Elohiem liefhet en sy gebooie bewaar. Want dit is die liefde tot Elohiem, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie moeilik nie" (1 Joh 5:2-3, WeG). "En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar. Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is 'n leuenaar en in hom is die waarheid nie" (1 Joh.2:3-4). Yah'shua self het gesê, "Wie my gebooie het en dit bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hom sal my Vader liefhê" (Joh.14:21). "As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar" (Joh.14:23-24, WeG). Deuteronium 13:3-4 is hoe Yahweh jou toets om te sien of jy Hom liefhet met jou hele hart en jou hele siel.

    6. "Die Tien Gebooie was slegs vir Israel gegee, so hulle is nie bindend op Christene nie."

    Antwoord: Eintlik was hulle ook vir die vreemdeling gegee. Die Bybel is baie duidelik dat daar nie twee wette is nie, maar dieselfde wet was van toepassing op beide Israel en vreemdelinge (Eks.12:49, Lev.24:22, Jes.56:6, Num.15:15-16, Ps.18:44). Om die waarheid te sê, die Nuwe Verbond was slegs vir "Israel" gegee (Jer.31:33, Heb.8:10; 10:16), maar beteken dit dan dat die Nuwe Verbond nie van toepassing is op Christene nie? Nee. Waarom nie? Want "Israel" is nie 'n spesifieke nasie of ras nie, dis vir almal wat in Yahweh glo. Alle Christene vandag is "Israel" en die "Jode" (Rom.1:16; 2:28-29; 9:4-8; 10:12, 1 Kor.10:2-4, Gal.3:16,26-29, Kol.3:11).

    7. "Ons is onder genade, nie onder die wet nie (Rom 6:14), daarom kan ons sondig en die wet verbreek soos ons wil. Ons is vry van die Wet."

    Antwoord: Paulus antwoord hierdie vraag in die volgende verse, Rom.6:15, en ook in verse 1&2. Ook in Rom.3:31. Paulus het sekerlik nie God se genade verstaan dat daar met die wet weggedoen word of om ons te vry te maak van wetsonderhouding nie. Yahweh plaas ons onder genade wanneer ons Yah'shua as ons Verlosser aanneem. Beteken dit dan nou dat daar met die wet weggedoen is? Beteken dit nou dat ons kan sondig soos ons wil? Beteken dit nou dat ons kan moor, steel en egbreek pleeg? Kruisverwys asseblief Romeine 6:14 met Galasiërs 3:13. Ons is verlos van die vloek van die wet, nie van die nakoming van die wet nie. Die vloek van die wet is die dood (Rom.6:23), en daar is 'n vloek op diegene wat die wet verbreek (Gal.3:10). Christus het "vir elkeen die dood" gesmaak (Heb.2:9). Dus het Hy ons verlos van die vloek van die wet (dood), en in plek daarvan die ewige lewe voorsien! Jy sien, Yah'shua het ons nie van die Wet bevry nie, maar het ons bevry van die wet van sonde en die dood (Rom 8:2). "Is die Torah sonde? Nee, stellig nie!" (Rom.7:7). As gevolg van Johannes 7:49, is die wet opsigself nie die vloek nie!

    8. "Die mense van die Ou Verbond was deur die wet gered; Christene word deur genade gered".

    Antwoord: Dis onwaar. Geeneen was ooit deur die wet gered nie. Almal wat gered was deur al die eeue, was alleenlik gered deur genade (Jes.45:22). Hierdie is "nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en guns wat ons van ewigheid af in die Messias Yahshua geskenk is" (2 Tim.1:9). Die wet wys slegs sonde uit. Christus alleen kan red. Noag het "guns gevind" (Gen.6:8); Lot het guns gevind (Gen.19:18-19); Moses het guns gevind (Eks.33:17); die Israeliete het in die wildernis guns gevind (Jer.31:2); en volgens Hebreërs 11, was Abel, Henog, Abraham, Isak, Jakob, Sarah, Josef, en vele ander van die Ou Verbond gered "deur geloof". Hulle was gered deur vorentoe na die kruis te kyk; ons is gered deur terug te kyk na die kruis. Die wet is noodsaaklik, want soos 'n spieël, wys dit die "vuilheid" in ons lewe uit. Maar die wet besit geen reddende krag nie. Dit kan slegs sonde uitwys. Yah'shua, en Hy alleen, kan 'n persoon van sonde red.

    9. "Die letter van die wet maak dood, maar die gees gee lewe (2 Kor.3:6), daarom is die wet nie van toepassing op ons wie die Gees het nie".

    Antwoord: Die rede waarom die wet doodmaak is, want "almal het gesondig" (Rom.3:23; 5:12). Almal het die wet verbreek. En die loon van die sonde is die dood (Rom.6:23). Die rede waarom die Gees lewe gee is om ons instaat te stel om die wet te onderhou, en om nie te sondig nie (Rom.8:4, Gal.5:16). Yah'shua (Jesus) se gehoorsaamheid het ons die krag gegee om geregtig te wees en om die Wet te onderhou (Rom.5:19). Soos Paulus sê. "En sonder die Torah het ek vroeër gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe en ek het gesterf [dit is, die wet het hom as sondaar veroordeel]". "Omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen Elohiem is; want dit onderwerp hom nie aan die Torah van Elohiem nie, want dit kan ook nie. En die wat in die vlees is, kan Elohiem nie behaag nie" (Rom.7:9; 8:7-8).

    10. "Leer 2 Kor 3:7 nie vir ons dat die wet wat geskryf was en in klip gegraveer was, mee weggedoen is nie?"

    Antwoord: Nee. Die gedeelte sê dat die "glorie" van Moses se bediening van die wet sal mee weggedoen word, maar nie die wet nie. Lees die hele gedeelte van 2 Kor.3:3-9 weer noukeurig. Die onderwerp is nie die wegdoening van die wet of sy vestiging nie, maar eerder die verandering van die plek van die wet vanaf die "kliptafels" na die "tafels van die hart". Onder Moses se bediening was die wet op klip. Onder die Afgesonderde Gees se bediening deur Christus, is die wet op ons harte geskryf (Heb.8:10). Christus se bediening van die wet is suksesvol want Hy dra die wet oor na die hart van die Christen (Ese.11:19; 36:26). Dan word die onderhouding van die wet 'n plesier en 'n heerlike leefwyse want die Christen het ware liefde vir beide Yahweh en die mens.

    11. "Romeine 10:4 sê dat 'die Messias is die einde van die Torah.' So dit het geëindig, het dit nie?"

    Antwoord: "Einde" in hierdie vers beteken doel, soos ook in Jakobus 5:11. Die betekenis is duidelik. Die doel of einde van die wet is om mense na Christus te lei, waar hulle geregtigheid sal vind. In die 7de hoofstuk van Romeine gee Paulus ons die resultaat in sy eie saak. Dit het hom gedryf om te erken dat die wet heilig en goed was, en dat hy dit moes gehoorsaam; en toe het dit hom huilende in die nood gelaat, "want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek." Die wet kon hom nie omskakel nie, en hy het uitgeroep "Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?" Net hier het die liefde van Yahweh wat Sy Seun gestuur het, Yah'shua haMashiach, dit hom aan die verstand gebring, en dit het die taak verrig. In die volgende hoofstuk verduidelik hy dit; "Want Elohiem het wat vir die Torah onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees, sodat die reg van die Torah vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees." Die hele Bybel getuig dat dit slegs die invloed van die evangelie is wat sondaars die wet laat gehoorsaam. Die wet sal dit nooit doen nie.

    12. "Waarom oor die wet bekommer? Is ons gewete nie 'n veilige gids nie?"

    Antwoord: Nee! Die Bybel praat van 'n slegte gewete (Heb.10:22), 'n verontreinigde gewete (1 Kor.8:7, Titus 1:15), gebrandmerk in hul gewete (1 Tim 4:2) - waarvan geeneen veilig is nie. "Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood." (Spr.14:12). Yahweh sê, "Wie op sy eie hart vertrou, hy is 'n dwaas; maar hy wat in wysheid wandel, word gered" (Spr.28:26). Sien ook Gen.6:5; 8:21, Num.15:39, Deut.11:16, 1 Kon.8:61, Ps.58:2; 66:18, Spr.3:1,5; 16:5, Pred.8:11, Jer.17:5,9, en Matt.15:19.

    13. "Het die Bybel nie voorspel dat die Tien Gebooie sal eindig nie?"

    Antwoord: Nee. Dit het slegs voorspel dat die priesterorde, die feeste, jaarlikse sabbatte, offers, en die rituele offers tot 'n einde sal kom, nie die Tien Gebooie self nie (Dan.9:27, Hos.2:11, Heb.7:12; 9:9-14; 10:8-9).

    14. "Leer Kolossense 2:14 nie dat God se wet ten einde gekom het by die kruis nie?"

    Antwoord: Baie mense neem aan dat hierdie "skuldbriewe" wat "teen ons was" en "wat met sy insettinge ons vyandig was" was God se Tien Gebooie. Maar hoe is God se Morele Wet "teen ons" en "vyandig teen ons"? En waarom sou Yah'shua Sy lewe spandeer het om oor die Tien Gebooie te preek as dit "teen ons" en "vyandig teen ons" was? Behalwe dit, het Paulus baie jare na die kruis van God se Wet gepraat as heilig, regverdig en goed (Rom.7:7,12).

    Hierdie gedeelte verwys na die wet vervat binne "insettinge", of die wet van Moses, wat 'n seremoniële wet was wat die offerstelsel en die priesterskap beheer het. Die seremonie was 'n voorskadu van die kruis wat geëindig het met Christus se dood, soos Yahweh dit bestem het. Die wet van Moses was bygevoeg as gevolg van oortredinge, totdat "die saad … sou kom"; en die "saad is Christus" (Gal.3:16,19). God se wet kan nie hier betrokke wees nie want die Tien Gebooie was gegee voor oortredinge en sondes.

    Met verwysing na die "skuldbrief … vasgenael … aan die kruis" (Kol.2:14), die Griekse woord vir skuldbrief word vertaal as "handskrif" en is cheirographon, en dit is die enigste plek in die Bybel waar hierdie term gebruik word. Dit beteken 'n handgeskrewe bewys vir skuld, of wat ons vandag sal noem 'n "IOU". In kontemporêre apokaliptiese literatuur was hierdie woord gebruik om 'n "bewysboek van sonde" aan te dui, betekende 'n geskrewe weergawe van ons sondes.

    Paulus het nie gesê dat God se wet aan die kruis vasgenael was nie. Wat hier vasgenael was, sê hy, was die bewys van al ons sondes. Hierdie bewyse is wat "teen ons" is en "vyandig teen ons" is, omdat God se wet bepaal dat die dood die loon vir sonde is (Rom.6:23), nie die wet self nie. Hy het ons vergewe vir al ons sondes (Efe.1:7), en ons verlos van die vloek van die wet (Gal.3:13). Christus het alle verdoemende bewyse van die verbreking van die wette, wat altyd oor ons koppe hang, heeltemaal uitgewis en het dit nietig verklaar deur dit bokant Sy eie kop teen die kruis vas te nael. Dit is die bewyse teen ons, nie die wet self nie, wat teen die kruis vasgenael was, wat instaat gestel het dat ons vergewe kan word.

    Dit word duidelik wanneer ons die res van die hoofstuk lees. Dit is duidelik dat daar ander kwessies was wat betrokke was wat niks te doen gehad het met God se wette wat in die Ou Testament gegee was nie. Onder hulle was daar "owerhede en magte" (vers 15), "[vals] nederigheid en verering van die boodskappers (vers 18), raak nie, smaak nie, roer nie aan nie (vers 21) en "eiesinnige toegewydheid en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam" (vers 23).

    Verder het Paulus verwys na die vals leringe in Kolosse as gewortel in "drogredes" (vers 4), "wysbegeerte en nietige misleiding" en "die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld" (vers 8). Hy het ook verwys na die onderwerping van "insettinge" van die wêreld (vers 20) en "volgens die gebooie en leringe van mense" (vers 22). Kan Paulus, wie in Romeine 7:12 gesê het dat die wet "heilig, regverdig en goed" is, moontlik na dieselfde wet hier verwys, of spreek hy 'n totaal ander kwessie aan?

    15. "Sê Efesiërs 2:15 nie dat die gebooie afgeskaf is nie?"

    Antwoord: Hierdie vers sê net dat die wet [Torah] van gebooie "wat in insettinge bestaan", afgeskaf was en nie die Tien Gebooie self nie. Die Tien Gebooie was nooit na verwys as "insettinge" nie, maar as die "tien gebooie" (Eks.34:28, Deut.4:13; 10:4). Hierdie spesifieke gebooie bestaan binne insettinge, maar word nie gedefiniëer as insettinge nie.

    Die sleutel gedeelte hier is die woord "insettinge" (Grieks: dogma). Die Griekse woord dogma kom slegs vyf keer in die Nuwe Testament voor: Die ander vier plekke waar dit voorkom is: Lukas 2:1 en Handelinge 17:7, waar dit die bevele van Caesar beteken; Handelinge 16:4, waar dit die bevele van die Raad van Jerusalem beteken rakende die besluite oor dieet en sosiale verhoudings tussen die Jode en Heidene; en Kolossense 2:14 waar Paulus praat oor die skuldbrief met sy insettinge wat gekanselleer was deur die dood van Christus. Die laaste verwysing is in die konteks van regulasies oor wat geëet en gedrink mag word, en feeste (Kol.2:14-17). Soortgelyke regulasies verskyn weer in Kol.2:20-22, waar diegene wat dit gehoorsaam beskryf word as "onderworpe aan insettinge" (vers 20), of onderworpe aan dogmatizo. Paulus se rasionaal hiervoor is dat hierdie regulasies eintlik maar net "gebooie en leringe van mense" is (vers 22). Sien antwoord #14 hierbo vir meer inligting.

    Die enigste gebruike vir "dogma" buite Efesiërs wat toepaslik is, kom voor in Handelinge 16:4 en Kolossense 2:14, en beide beskryf menslike bevele wat betrekking het op die Jode en die Heidene. Dit wil voorkom of dit ook die mees toepaslike betekenis vir Efe.2:15 is. Dus, die "wet van gebooie wat in insettinge bestaan" sal die voorskrifte van die wet wees soos wat hulle deur die mens geïnterpreteer word, en nie God se Wet nie.

    16. "Yah'shua sê nie dat ons die Tien Gebooie moet gehoorsaam om die ewige lewe te kan beërwe nie."

    Antwoord: Ja, verseker sê Hy dit! (Matt.9:16-19; 19:17-19, Mark.10:17, 19, Luk.10:25-28; 18:18,20). Slegs diegene wie Yah'shua gehoorsaam, sal ewige verlossing vind (Heb.5:9, 1 Joh.2:17).

    17. "Die Tien Gebooie word nie in die Nuwe Testament herbevestig nie."

      Antwoord: Verseker word hulle. Al tien van hulle.

      Ou Testament > Nuwe Testament

    • 1) Eks.20:3 > Matt.4:10, Hand.17:29, 1 Kor.8:6
    • 2) Eks.20:4-6 > 1 Joh.5:21, 1 Kor.10:7
    • 3) Eks.20:7 > 1 Tim.6:1, Jak.5:12
    • 4) Eks.20:8-1 > 1 Heb.4:3-11, Matt.12:12, Mark.2:27
    • 5) Eks.20:12 > Matt.19:19, Efe.6:2
    • 6) Eks.20:13 > Rom.13:9, 1 Joh.3:15
    • 7) Eks.20:14 > Matt.19:18, Gal.5:19
    • 8) Eks.20:15 > Rom.13:9, Efe.4:28
    • 9) Eks.20:16 > Rom.13:9, Kol.3:9
    • 10) Eks20:17 > Rom.7:7, Efe.5:3, Kol.3:5

    18. "Niemand kan in elk geval Yahweh se wet nakom nie, so moenie daaroor bekommerd wees nie. Ons sondig daagliks."

    Antwoord: "Sonde is wetteloosheid", en Yah'shua moes "verskyn het om ons sondes weg te neem", ons wetteloosheid (1 Joh.3:5-6). Yah'shua het neergedaal om ons die krag te gee om die wet te onderhou. Satan het ten doel om God se versoek as onredelik af te maak, en het die valsheid ontwerp dat gehoorsaamheid onmoontlik is (Fil.4:13). "Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel" (1 Joh.3:8). Alle sondes is vrywillige toestemming tot begeerlikhede.

    'n Belangrike Nota: Dit is waar dat ons "almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die grootheid van Elohiem" (Rom 3:23), maar die feit dat ons gesondig het bewys dat Yahweh se wet steeds bestaan, "want die sonde is wetteloosheid" (1 Joh.3:4) en "sonde word nie toegereken as daar geen Torah is nie" (Rom.5:13), "maar waar geen Torah is nie, daar is ook geen oortreding nie" (Rom.4:15). Die feit dat ons almal sondaars is - almal steeds skuldig deur die verbreking van die wet - bewys dat die wet steeds inwerking is. Maar Yahweh wil nie hê dat ons moet aanhou sondig nie - Hy het nie net neergdaal om vir ons sondes van die verlede te sterf nie, maar om ons ook die krag te gee om op te hou sondig, om op te hou om 'n dienaar van die sonde te wees (Rom.6:6), want "elkeen wat die sonde doen, is 'n dienskneg van die sonde" (Joh.8:34).

    Weet jy aan wie word die Heilige Gees gegee? Dit word slegs gegee aan diegene wat God se Wet gehoorsaam (Hand.5:32). "Elkeen wat 'n oortreder is en nie bly in die leer van die Messias nie, hy het Elohiem nie" (2 Joh.1:9). Geregtigheid is gehoorsaamheid aan God se Wet (Deut.6:25, 1 Kor.15:34). Die ongeregtige sal nie die koninkryk van Yahweh erf nie (1 Kor.6:9-10). Hierin is die kinders van Elohiem en die kinders van die duiwel openbaar: "elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit Elohiem nie" (1 Joh.3:10). Wie ookal Yahweh nie gehoorsaam nie, is nie van Yahweh nie! So eenvoudig.

    Sondig ware Christene regtig daagliks? Die Bybel sê dat die Here ons verlos van versoekinge (2 Pet.2:9), so Christene kannie sondig nie (1 Joh.3:6-9) want die Bose het geen vat op hom nie (1 Joh.5:18). Yahweh gee vir ons die krag om die wêreld te oorkom (1 Joh.5:4). Johannes het hierdie dinge geskryf sodat ons nie moet sondig nie. (1 Joh.2:1). As ons God se woord in ons harte bêre, dan sal ons nie teen Hom sondig nie (Ps.119:11). Christene moet 'n goddelike natuur hê en gereinig word van die ou sondes (2 Pet.1:4-9).

    19. "Het Yahweh werklik gesê dat Hy van ons verwag om Sy Gebooie te onderhou?"

    Antwoord: Ja (Deut.4:2,40; 6:17; 7:11; 8:6; 10:13; 11:27; 28:1,9, Lev.26:15). Selfs nadat Yah'shua in hierdie wêreld ingekom het (Deut.18:18-19). Hy is nie dwaas of wreed nie, maar wys en liefdevol. Hy sal ons nie wette en beginsels gee om volgens te lewe as dit onmoontlik was om te volg nie.

    Yah'shua haMashiach het nie die wet gehoorsaam sodat sondaars hulle nie hoef te gehoorsaam nie. Yah'shua was gehoorsaam tot die dood toe, en dit is vir ons neergesit as ons voorbeeld. Ons moet in Yah'shua se voetspore volg en nie sondig nie (Joh.13:15, Fil.2:5, 1 Pet.2:21-22; 4:1, 1 Joh.2:6), en die onderhou gebooie soos Yah'shua gedoen het (Joh.15:9-10, Rom.7:25). Sal ons sondig indien ons in Yah'shua se voetspore volg? Sal ons sondig indien ons onsself reinig soos Yah'shua gereinig was (1 Joh.3:3)? Sal ons sondig indien ons volmaak is soos ons Vader in die hemel volmaak is (Matt.5:48)? Yah'shua het ons opdrag gegee om mense te leer om al Sy gebooie te onderhou (Matt.28:20). "… daders van die Torah geregverdig sal word" (Rom.2:13, Jak.1:22-25). Net soos Abraham geregverdig was deur sy werke, is ons geloof ook volmaak deur ons werke (Jak.2:20-22). Toe Yah'shua genees het, het Hy hulle opdrag gegee om die Wet te onderhou, en "nie meer te sondig nie" (Joh.5:14); 8:11), met ander woorde, "Moenie langer God se Wet verbreek nie".

    20. "Waarom ontken soveel mense die bindende eis van God se Wet?"

    Antwoord: "omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen Elohiem is; want dit onderwerp hom nie aan die Torah van Elohiem nie, want dit kan ook nie" (Rom 8:7). Paulus het vir Timotheus gewaarsku dat die dag sal aanbreek, as gevolg van hulle genietinge van die ongeregtigheid (2 Thes.2:12), dat die mens nie langer die Waarheid sal wil hoor nie, maar dat hulle leeraars sal soek wat dinge sal spreek wat hulle vleeslike natuur sal wil hoor (2 Tim.4:3-4). Vir hierdie rede was die onderhouding van die gebooie nooit gewild nie. Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword; en: 'n Steen des aanstoots en 'n rots van struikeling - vir diegene wat hulle daarteen stamp, omdat hulle aan die woord ongehoorsaam is, waarvoor hulle ook bestem is. 'n Evangelie van liefde wat geen gehoorsaamheid vereis nie, is geredelik beskikbaar vir diegene wat 'n weg soek om van Yahweh te vergeet, wat sal deurgaan dat hulle Hom onthou (1 Pet.2:7-8).

    Slegs agt mense het die vloed oorleef, want slegs daardie agt het "alles wat Yahweh beveel het" gehoorsaam (Gen.7:1,5). Slegs Lot en sy twee dogters het Sodom en Gemorra oorleef (Gen.19:16) omdat hulle geregverdig was (2 Pet.2:7-8). Uit die 600,000 Hebreërs wat Egipte tydens die Eksodus verlaat het, het 599,998 40 jaar later gesterf voor hulle die rivier na die beloofde land kon oorsteek. Kaleb en Joshua was die enigste oorlewendes van die wildernis trek van Egipte na Kanaan (Num.26:65). Waarom? Want slegs Kaleb en Joshua "het volhard om Yahweh te volg" (Num.32:11-12).

    Dit was die rede waarom daar min oorgebly het in Egipte, omdat hulle nie vir Yahweh gehoorsaam het nie (Deut.28:62). Die vloek het die aarde verswelg omdat die aarde die wette oortree het, en daar was min mense oor. Yah'shua het ook dieselfde oor ons gesê. "Want baie is geroep, maar min uitverkies" (Matt 20:16, 22:14), en daar is min wat gered gaan word (Luk 13:23-24), en daar sal min wees wat die ewige lewe gaan vind (Matt 7:14).

    Baie mense sal wonderlike werke doen in die Naam van Jesus, maar min sal die Vader se Wil doen, en slegs hulle sal gered word (Matt.7:21-23). Om die waarheid te sê het Yah'shua baie dissipels gehad terwyl Hy op die aarde gewandel het, maar op een tydstip, het daar nie meer baie saam met Hom gewandel nie, maar slegs 'n paar het oorgebly wat Hom gevolg het (Joh.6:66).

    Fisiese groei is 'n funksie van tyd. Intellektuele groei is 'n funksie van studies. Geestelike groei is nie 'n funksie van tyd of van studies nie, maar is 'n funksie van gehoorsaamheid (Heb.5:8-9). Verbreking van die wet is altyd 'n resultaat van 'n gebrek aan geloof. Mense verwerp nie die Bybel omdat dit homself weerspreek nie, maar omdat dit hulle weerspreek! Elke mense se lot sal bepaal word volgens sy dade wat hy gedoen het in die liggaam (2 Kor.5:10, Rev.2:23; 20:12-13; 22:12). Indien ons God se Wet verwerp, sal Yahweh ons verwerp (Hos.4:6). Onthou, ons breek nie God se Wet nie…dit breek ons indien ons dit nie gehoorsaam nie!

    Vertaal deur François van Staden

    Hierdie bladsy is geskep op 19/05/2017
    Laaste opgedateer op 19/05/2017


    Copyright © 1987-2017
    Nuwe Verbond Gemeente van Yahweh
    Alle regte voorbehou